ToekomsVenster: Roep na God in tye van nood


hande-in-gebed

Argieffoto.

Party was verdwaal in die woestyn, in ʼn barre wêreld, en kon die pad na ʼn bewoonde stad nie kry nie. Hulle was honger en dors, hulle was uitgeput, maar in hulle nood het hulle na die Here geroep om hulp en Hy het hulle gered uit hulle ellende. Hy het hulle op die regte pad gebring en by ʼn bewoonde stad laat uitkom. Hulle moet die Here loof vir sy troue liefde, vir sy wonderdade wat Hy aan mense doen. Hy het die dors geles van dié wat versmag het, Hy het die goeie in oorvloed gegee aan dié wat honger gely het. – Psalm 107:4-9

Dit is ʼn briljante psalm met soveel vertroosting en bemoediging. Dit vertel verskeie verhale van mense wat in die knyp was. Met hul sekuriteit deeglik ondergrawe, het hulle die aangewese ding gedoen, na God geroep. Sonder uitsondering word vermeld dat God gehoor, uitkoms gegee en die gebede van sy kinders gehoor het.

Dié verhale en getuienisse gee aan lesers van die boek Psalms vrymoedigheid om God te nader in tye van nood.

Uiteraard ken ons die Here nie net wanneer dit swaar gaan nie, maar ons het die vrymoedigheid om ons tot Hom te wend in tye van ongemak en onsekerheid.

Loof sy Naam. Hy is altyd daar, altyd bereid om te help in nood.

 

Roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp en jy sal My eer. – Psalm 50:15

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Johann ·

Ek en my familie is n sprekende voorbeeld van God se genade en hulp in tye van nood. Ek,my vrou en 2 klein kinders het ge-emmigreer na n buurland nadat ek werk daar gekry het. Eks onregmatig afgedank kort nadat ek begin werk het. Ons het ons laaste spaargeld gebruik en als verloor. Nog net ons kar oor. Sukkel nou om werk te kry en is totaal en al geruineer. Ons het ons tot God gewend en na n lokale kerk gegaan,met geen blyplek,kos en geld nie. Binne 2 ure is daar vir ons n blyplek gereel asook kos. Prys die Here en diegene wie hy gebruik om so sy liefde en ondersteuning aan mense te wys in tye van nood!

charlotte manuel ·

baie dankie vir u bemoedigende dagstukkies elke dag en ek kan vir u sê, omdat god leef sien ek uit na more. Dis vir my ‘n bemoediging om my epos oop te maak en elke dag klokslag die dagstukkie te kry. Die Psalmdigters is vir my baie kragtig ek kan daaraan vashou en ander bemoedig want ek dink ons het almal behoefte om net te weet dat Hy daar is vir ons, Ons moet Hom loof en prys in goeie tye in slegte tye en sommer altyd en oral waar ons gaan. Die lof die eer die prys kom Hom toe!!!

Katrynkie ·

Nog ‘n Psalm kon by my op nadat ek die dagstuk gelees het. “Ek slaan my oe op na die berge, vanwaar sal my hulp vandaan kom. My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het”. In tye van nood, swaarkry, pyn en leiding is Hy altyd daar vir ons en saam met ons in ons situasie. Ek ervaar dit in hierdie donker, seer en onsekere seisoen van my lewe. Dis ook nie altyd maklik om Hom te prys en lofliedere te sing in tye wat dit donker is nie, veral nie vir my nie. Maar ek weet Hy is my Trooster, Voorsiener, Geneesheer van die gees en liggaam, en was dit nie vir die Here se oneindige liefde en genade nie weet ek nie waar ek nou sou wees nie. Alhoewel daar die ondersteuning is van familie en vriende, is Hy die een wat ons dra en nooit verlaat nie en dat ons enige tyd na hom kan gaan want Hy verstaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.