ToekomsVenster: Seer is nie lekker nie

gebed

Argieffoto.

“…en vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree.” – Matteus 6: 12

Ai, ons sukkel met vergifnis, nie waar nie? Seer is nie lekker nie, veral as jy dit nie verdien nie.

Ons bid, maar kom nie reg nie.

Ons verontskuldig onsself en hoop dat die Here sal verstaan. Hy moet maar ʼn bietjie uitstel gee.

Natuurlik is die Here in alles lankmoedig en somtyds is dit baie nodig dat ʼn proses van vergifnis deurgeloop en afgehandel moet word. Somtyds het ʼn mens iemand nodig wat jou kan begelei op hierdie pad omdat jou perspektiewe so benewel is dat jy nie weet of jy kom of gaan nie.

Die ergste is wanneer die kwade gevoelens eintlik nie substansie het nie en regtig net ʼn misverstand was. Ons hoor so graag wat ons wil hoor en glo so dikwels die slegte van mekaar. Dis veral waar wanneer iemand anders, ʼn derde party, besluit het dis hul Christelike plig om (ter wille van gebede) jou in te lig oor sake wat jou aangaan.

Skinder is lelik en nie van die Here af nie. Uit en klaar!

Dink mooi na oor die ding wat jou so omkrap. Is dit regtig so erg dat jy bereid is om selfs jare se vriendskap en goeie verhoudinge ter syde te stel ter wille van jou seer hartjie? Indien wel, het jy moeite gedoen om agter die kap van die byl te kom en jou feite te kontroleer.

Ongelukkig is dit die een ding wat ons as mense kan doen, mekaar seermaak.

Dis ook onafwendbaar waar jy met mense en hul delikate gevoelens te make het. Daarom sê die Bybel ons moet liewers nie kwaad gaan slaap nie.

Probeer vandag afhandel. Wie kan in elk geval slaap as jy omgekrap en hartseer is?

Word deel van ʼn nasionale gebedsinisiatief met die volgende kenmerke:

  • Dit is verteenwoordigend van Suid-Afrika se diverse samelewing
  • Dit daag jou uit om jou gemaksone agter te laat
  • Dit bind mense aanmekaar en aan God
  • Dit betrek die hele land

Hemelvaart, 25 Mei, en die tien dae van Pinkster (4 Junie)

  • Daagliks, oral, tydig en ontydig
  • Ook met mense wat jy nie ken nie
  • By die kantoor, kuierplek, sakeonderneming, klaskamer, lesinglokaal, gimnasium, park, oral
  • Veral gedurende die goue uur van gebed
  • Daagliks 12:00-13:00

www.sapray.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.