ToekomsVenster: Toon berou

Foto: Daniel Tafjord/Unsplash

As Ek die hemel gesluit hou sodat daar geen reën is nie, of as Ek die sprinkaan beveel om die land kaal te vreet, of as Ek pes onder my volk stuur, en my volk oor wie my Naam uitgeroep is, toon berou en bid en vra na my wil en draai terug van hulle bose weë af, sal Ek luister uit die hemel en hulle sonde vergewe en hulle land laat herstel. – 2 Kron. 7:13-14

Die teks kom naby aan ʼn mens se hart.

Toekomsvenster het in die onlangse verlede ʼn inisiatief van stapel gestuur dat mense in berou na die Here sal kom.

Ons word met baie uitdagings gekonfronteer, xenofobie, verkragting en moord, vragmotors wat brand en die vernietiging van eiendom, ekonomie wat steier en hemelhoë pryse om maar net ’n paar goed op te noem.

In die lig daarvan het ons gelowiges opgeroep tot dag van berou.

In my eie gemoed het ek die oortuiging dat berou nie ’n soort kitsoplossing kan wees nie. Dit is nie ʼn enkele dag aangeleentheid is nie maar ʼn lewensingesteldheid. Christene se grondhouding is die van gebrokenheid. Die Bybel sê dat God ʼn gebroke gees nooit sal wegwys nie.  Dit was Dawid se ervaring in Ps. 51 as hy sy skuld voor die Here bely en pleit dat God nie sy Gees sal wegneem nie.

Die intensiteit, aard en kwaliteit van ware berou het dalk by ons verby gegaan.

ʼn Gesindheid van berou impliseer beskaamd wees oor wat van ons word en wat ons geword het en waarheen ons op pad mag wees tensy  daar nie ʼn dramatiese wending kom vanuit die hemel.

In die lig daarvan dat ek hierdie reis saam met jou wil onderneem.

God sê, julle, my kinders, vir wie ek my bloed gestort het, uitverkies is en my eiendom, toets en ondersoek julleself. Dit is elkeen se verantwoordelikheid. Berou is ʼn diepe seer, dit is ʼn stuk verleentheid in die binneste, dit is inderdaad niks anders as rou nie.

Hy vra dit van sy kinders, nie terloops en in die verbygaan nie, maar intens en opreg.

Toon berou. Dink daaroor na. Wat beteken dit om berou te toon?

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.