ToekomsVenster: Vra vir hulp en genade


hande-wat-help-aanraking

Foto: PublicDomainPictures/Pixabay.com

Ek roep na die Here om hulp, ek smeek die Here om genade, ek stort my klag voor Hom uit en vertel Hom van my nood. – Psalm 142:2-3

Taal is darem ʼn uitsonderlike gawe. Let op hoe die psalmdigter van sinonieme gebruik maak om effek en intensiteit te kry. Die ergernis wat hy beleef, is nie ʼn oppervlakkige saak nie. Dis ʼn saak van die hart. Die woorde roep, smeek, stort, klag, vertel en nood getuig daarvan. Wat hy beleef, is nie ʼn ligtelike saak nie. Vir hom is dit in alle opsigte eksistensieel. Dis eg, dis ʼn werklikheid, dit raak waar dit saak maak.

Wat hy vra, is hulp, genade. Die eensaamheid en worsteling van die digter gryp ʼn mens aan die hart. Daar is vir sy gevoel letterlik niemand tot wie hy hom kan wend vir hulp en ondersteuning nie. Hy is volledig op homself aangewese. Niemand stel oënskynlik belang om hom aan te hoor en sy saak en petisie te oorweeg nie. Al wat oorbly, is om Hom op God te beroep.

Dit is tragies dat daar mense is wat hulself so geïsoleer en gemarginaliseer beleef dat hulle desperaat word. Niemand behoort so eensaam te wees nie. Almal verdien om ʼn vriend en vertroueling te hê. Niemand verdien om alleen te staan sonder dat enigiemand uitreik nie. Almal het ʼn verantwoordelikheid om die eensames en desperates raak te sien en na hulle uit te reik. Uiteraard help God, maar Hy stuur jou om ʼn gebed soos hierdie te gaan help verhoor.

Jou teenwoordigheid wys die Here het jou gebed gehoor en Hy het my gestuur om jou te sê dat jy nie alleen is nie. Hoe kan ek jou help?

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

René Erwee ·

Baie dankie vir vandag se boodskap – daar is nie so iets soos toevallig nie, dit was bestem om vandag se boodskap te wees, want ek moes dit oordra aan iemand in nood. So sorg die Here.

Ànsie ·

Baie dankie vir jou boodskap. Die felt dat ek die afgelope paartjie dae elke boodskap Lees was met n does. Ek sit met n mens like gebore hart. My beste vriendin van 30 language jare het gevat en is bêre indoor verklaar. Na plus minus 2 dae gvind omdat sy weggetrek het van eensaamheid en gehoop het dit sal met haar beter gaan het hierdie ongeluk nou plaasgevind en my hart bloei vandag. Ek vra myself af of ek nie tog meer vir haar kon beteken nie? Syt my soms geensins per telefoon terug reageer nie omdat sy soo soo in haar eensaamheid en alleenheid versink het. Syt baie male sonder taal my telefoon oproepe verwerp en vandag wens ek dat ek dalk moes ry 200 km ver om net weer inpak op haarself te kon maak. Nou moet ek dag vir dag wag en wonder hoe lank gaan sy nog asemhaal. As nietige mens is ek gebore. Sy is n wonderlike mens en dit kon so anders gewees het??

Sarie ·

Hello…maroela graag wil ek net iets hoor
Mag ek persoonlike dinge hier plaas??
Baie dankie totsien

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.