ToekomsVenster: Waar is jou vrou?

lig-lamp

Foto: MjBreiva/Pixabay.com

Toe vra hulle hom: “Waar is jou vrou Sara?” en hy antwoord: “Hier in die tent.” – Gen. 18:9

Ons het hier met tipiese oosterse gasvryheid te doen. Die drie mans trek Abraham se aandag en hulle word summier nader genooi. Sara word aangesê om te sorg dat heerlike gebak op die tafel kom. Abraham soek ʼn gepaste slagdier uit en dié word saam met die brood, botter en kaas voorgesit. Inderdaad ʼn heerlike feesmaal.

Die mans het egter nie by Abraham en Sara aangedoen om te eet nie. Hulle het gekom in antwoord op die versugting van die egpaar vir ʼn erfgenaam. Die kortpad wat Abraham op aandrang van sy vrou geneem het, verwysend na Hagar en Ismael was nie hoe God dit wou doen nie. Op die bestemde tyd verskyn die engel van die Here om Abraham en Sara in te lig dat hul gebede beantwoord is. Terwyl hulle alle rede gehad het om te glo dat die tyd van kinders verwek en grootmaak vir hulle verby gegaan het antwoord die Here hulle met ʼn woord wat vandag vir jou besondere betekenis mag hê. Dit mag wees dat jy al opgegee het met jou droom, dat natuurlikerwys die realisering daarvan nie net gering maar selfs ongewens is. Ek is nie God nie en kan nie waarborg wat hierdie teks in jou omstandighede mag beteken en impliseer nie. Dit verander niks aan die waarheid en krag daarvan nie. Niemand kan Sara kwalik neem dat sy die aankondiging effens amuserend vind nie. Wat in Abraham se gedagtes opgekom het word nie gesê nie.

God se planne word nie frustreer deur menslike beperkinge nie. Skep moed, daar mag ʼn verrassing op jou wag.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Mads ·

Dankie vir die mooi boodskap dit het my weer moed gegee. God doen dinge op Sy eie tyd. Dakie Here dat daar altyd hoop is en dat U ons lewe in ‘n oogwink kan omkeer. Amen

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.