ToekomsVenster: Wees grensloos lief vir mense


liefde

Foto: Personalityhacker.com

Moet jou nie deur die kwaad laat oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie. – Romeine 12:21

Ons moet toegee dat die ander dit nie altyd maklik maak om Christelik op te tree nie. Hierdie gedeelte praat van vyande en vervolgers. Hoe seën mens jou vervolgers? Hoe betoon jy gasvryheid teenoor mense as hulle jou nie liefhet nie? Hoe treur jy saam met vervolgers? Hoe kan ons goedgesindheid teenoor alle mense betoon? Hoe betoon ons liefde vir medegelowiges uit die hart wanneer ons geloofsgemeenskappe soms meer klieke as egter liefdesgemeenskappe is? Ons ken die stryd. Dit kan ons moedeloos maak.

Ons kan op die kerkbanke baie naby aan mekaar sit, maar dis nog nie genoeg nie. God wil dat ons mekaar moet liefhê. Dis om in alle omstandighede vir die goeie te kies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.