ToekomsVenster: Wees teenwoordig

blomme-liefde-geskenk

Foto: Klimkin/Pixabay.com

“The greatest gift (present) we can give someone, is our presence.”

Hierdie woorde het by my opgekom terwyl ek die bekende Mulder’s Mile opgedraf het. Soos my gewoonte maar is, was ek besig om die afgelope dag se gebeure deur my gedagtes te laat hardloop. En daar, teen die bult wat altyd my asem gesteel het, maar aan my die wonderlikste idees geskenk het, het hierdie waarheid by my opgekom.

Die saak waaroor ek op daardie oomblik geworstel het, was die tragedie wat ’n kosbare gesin in ons gemeenskap getref het. Die vraag wat ek aan myself gevra het, was: “Wat moet ek doen? Wat moet ek sê?” Ek het geweet dat die beste vorm van omgee ons teenwoordigheid in stilte was, soos Job se vriende dit vir die eerste sewe dae reggekry het. Ek het geweet dat ’n vinnige Christen one-liner baie liefdeloos sou wees. Ek het geweet dat my diep-omgee vir hierdie mense eintlik genoeg was. Waarop ek egter nie voorbereid was nie, was die antwoord wat deur my gedagtes gevloei het.

Die beste geskenk wat ons vir iemand in nood kan gee, is ons teenwoordigheid.

Hoe kan ons teenwoordig wees in ons gemeenskap? Eerstens moet ons toelaat dat die gemeenskap ons ook omkrap (splagnidzomai – om innig jammer te kry, wanneer jou ingewande omdraai). Ons sal die vensters van ons geboue moet oopmaak om te luister na die klanke en die nood van ons gemeenskap. Ons sal nader moet gaan, só teenwoordig moet wees dat ander in ons lewens die lewe en liefde van Christus sal beleef.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.