ToekomsVenster: Woord van kennis wys wat ons moet weet


Toekomspad

Argieffoto.

Aan ‘n ander gee Hy die gawes van spesiale kennis. – 1 Korintiërs 12:8

’n Nuwe Testamentiese voorbeeld van ’n woord van kennis kom in Handelinge 5:3 voor. Ananias en sy vrou Saffira, wou ook soos baie van die ander gelowiges, bydra om die nood van medegelowiges aan te spreek. Hulle wou egter ook terselfdertyd beïndruk as mense wat ’n buitengewone offer bring. Hulle sou ’n stuk grond verkoop en dan maak asof hulle die hele verkoopprys aan die gemeente beskikbaar stel, terwyl hulle egter ’n gedeelte van die geld teruggehou het. Die Heilige Gees het egter aan Petrus deur ’n woord van kennis geopenbaar wát die situasie was.

Terloops, terwyl Ananias en Saffira vir Petrus gejok het, het hulle nie slegs vir ’n mens gelieg nie, maar ook vir die Heilige Gees. Ons wat in ’n 24/7 verhouding met die lewende God leef, sal vind dat die Gees van God betrokke is in die kleinste detail van ons lewens! Wat met ons gebeur raak ook vir God in ons! Ons is mos nou Sy tempels.

Gebed
Here, U deursoek my hart. My gedagtes en motiewe is oop en bloot voor U. Help my om U met ’n rein hart te dien. Heilige Gees lei my deur die gawe van kennis om te weet wat aan die gang is in elke situasie waarmee ek gekonfronteer word.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoekwww.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

neelsie ·

Kennis van God se woord ,is om die Woord te bestudeer(lectio divina).
Dan sal jy God se stem hoor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.