Ek dink aan die lied wat deur onder andere Jan de Wet bekend gemaak is.
Sy Naam is Yahweh Hy is die Skepperheer
Sy Naam is Yahweh die grote God my Heer
Hys Yahweh Sebaot (leërskare)
Hy is Immanuel (God met ons)
Hy is Yahweh die God van Israel
Kom ons let op ʼn paar benaminge vir God wat met die woord en titel Yahweh in verband staan.
JHWH/JAHWEH/JEHOWA: “Here” (Deut 6:4; Dan 9:14)
JAHWEH-JIREH: “Die Here voorsien” (Gen. 22:14)
JAHWEH-RAPHA: “Ek, die Here wat julle gesond hou” (Eks 15:26)
JAHWEH-NISSI: “Die Here gee my die oorwinning” (Eks 17:15),
JAHWEH-M’KADDESH: “Ek is die Here, Ek heilig julle aan My” (Lev. 20:8; Eseg. 37:28)
JAWEH-SHALOM: “Die Here gee rus” (Rigters 6:24)
JAHWEH-ELOHIM: “Here God” (Gen. 2:4; Ps. 59:5)
JAHWEH-TSIDKENU: “Die Here verskaf reg aan ons” (Jer. 33:16)
JAHWEH-ROHI: “Die Here is my Herder” (Ps. 23:1
JAHWEH-SHAMMAH: “Die Here is daar” (Eseg. 48:35)
JAHWEH-SABAOTH: “Die Here van die leërskare” (Jas 1:24; Ps. 46:7)
Ek wonder wat jy vandag van die Here vra.
Hy sal jou nie teleurstel nie.
ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za
En so ontwaak ‘n volk …
In hierdie Naam Yahweh gaan daar nog kragtige dinge in hierdie land gedoen word … maar eers moet die volk met nog slae geslaan word soos in Egipte van ouds.
Yahweh stel nie teleur.
HalleluYAH
Yahweh – Rohi !!
Die tetragrammaton van die Allerhoosgste word in Hebreeus net met konsonante geskryf: YHVH
YeHoVaH is die Naam van die Almagtige.
Die Seun wat ons vandag ken as Jesus se Naam is dieselfde as Josua wat die Israeliete in die beloofde land ingelui het en ook dieselfde as die priester Josua wat in die boek Sagaria vermeld word. Bestudeer ons hulle name in die grondtekste vind ons dit is Yehovshua (uitgespreek met ‘n sagte “v” m.a.w. uitgespreek as Yehoshua, as ons dit sou verkort kry ons vandag die relatief bekende Yeshua).
Yehovshua is ‘n samevoeging van 2 woorde: Yehov+shua. Yehov verwys na Yehovah en shua beteken verlossing. Dus Yehovah+shua is Yehovah ons verlosser.
Yehovshua (Jesus) sê Hy het gekom in die Naam van Sy Vader, nou as Sy Vader se Naam Yehovah is en Sy Naam Yehovshua maak dit baie s’n.
Die getal of nommer wat ons God verteenwoordig is 7, soos die getal dae in die week, sabbat op die 7de dag, moes 7 keer om Jerigo loop en vele meer voorbeelde. Tel nou die getal vokale en konsonante in Yehovah – ja 7; tel die konsonante en vokale in Yahveh/Yahweh – inderdaad 6. Wie het te doen met die getal 7 in die bybel en wie met 6?
Nee ek is nie van die Jehowa Getuie Kerkgroep nie, ek ken genadiglik net sy Naam.