
Foto: Juanita Badenhorst
Daarom, broers, moet julle julle des te meer daarvoor beywer om deur julle lewe te bewys dat God julle geroep en verkies het. (2 Petrus 1:10)
Ons behoort elke kans aan te gryp om vir die Here te lewe, skryf Petrus. Deur die dinge wat ons doen, moet ons vir ander mense wys dat God ons geroep en uitverkies het om sy kinders te wees. As ons dit kan regkry, sal ons nooit oor sonde in ons lewe bly struikel nie.
Bewys jou lewe al dat jy aan God behoort? As jy bereid is om jou geloof uit te lewe in swaarkrytye, sal jou lewe ’n advertensiebord vir jou geloof word.
Sonde betaal nie! Jy wéét mos dat jy spyt sal kry as jy sonde doen. Tog doen jy dit weer, en dis die misterie van die sonde. ~ Jaco Thom
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
1 Kommentaar
Ek en my huis sal die Here dien. Amen.