Gedagte vir die dag: Veilig tuis

Stiltetyd-31.jpg

Foto verskaf aan Maroela Media

Een ding vra ek van die Here, en dit sal ek bly soek: om in die huis ere te bly al die dae van my lewe, om my te verbly in sy goedheid, en in sy tempel daaroor na te dink. (Psalm 27:4)           

Die meeste van ons voel aangetrokke tot avontuur, vermaak en alles wat nuut en interessant is. Ons is maar te gretig om deel te neem aan die lewe – daar waar dinge opwindend en aan die gebeur is! Tog is daar geen beter plek om te wees as dáár waar God se wil vir ons is nie. Ongeag waar God jou op die oomblik het – jy loop wel iewers iets mis. Maar jy kan onmoontlik iets beters misloop, want jy is op die allerbeste plek soos wat Hy dit vir jou bestem het.

Wanneer jy op pad is na enige geselligheid of gebeurtenis, vra die Here om jou te help kies aan watter gesprekke jy moet deelneem of langs wie jy moet sit. Jy sal waarskynlik nie met almal gepraat kry nie en nie al die grappies hoor nie en uit voel oor iets. Maar dis oukei. Jy is waar God jou wil hê – gebruik dit en geniet dit!

Bron: Uittreksel uit ʼn dagstukkie uit Soos appels van goud deur Dr. Michael Mol en Dalene Reyburn. Dié boek is die perfekte kombinasie van geestelike voedsel en fisieke welstand.
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.