Gedagte vir die dag:  Vermy die sondemodder

arms_uitgestrek_man_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Besef julle nie dat julle liggaam ’n tempel van die Heilige Gees is nie? Julle is gekoop en die prys is betaal. Julle moet God dus in julle liggaam verheerlik. (1 Korintiërs 6:19-20)

Aan die kruis betaal Jesus die volle losprys vir ons sonde met sy bloed. Nou moet ons soos verloste mense lewe. Ons liggaam is ’n tempel van die Heilige Gees en ons behoort God in ons liggaam te verheerlik.

Jou liggaam is ook ’n tempel as jy in Jesus glo. Dit is onmoontlik vir die Christen om in die sondemodder van die wêreld rond te rol en te dink hy sal skoon bly. Lewe só dat God met vertroue in jou kan woon.

Al val jy in die sonde, hoef jy nie in die sonde te bly lê nie. Christus het die wet namens jou vervul. Staan op en leef uit sy genade. ~ Die Bybellennium

Bron:  ‘n Lewe naby God – Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Yvonne ·

Dankie Here Jesus dat dit U wil is dat ons ons moet bekeer , uit die modder moet kom sodat U ons kan skoonwas met U bloed wat aan die kruis vir ons gestort is

Stefan ·

Dus pas jou liggaam op, geen drank, sigarette, tatoes, ooreet en wat nog
Of vra ek nou te veel?

OW ·

Jy vra te min Stefan.Voeg by Paulus se sondelys.Gal 5:18-21.As dit nagekom word sal mens werklik lewe.

Nic ·

stefan jy is reg dit is tog jou ligaan wat die LIEWE HEER jouu gegee het om op te pas

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.