Gedagte vir die dag: Volgens God se wil

bid_oggendson_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit al ontvang het, en dit sal vir julle so wees. (Markus 11:24)

Jesus verseker die dissipels dat mense wat bid én glo die dinge sal kry wat hulle van God vra. Tog is daar ’n voorwaarde aan verbonde: God verhoor nie gebede wat nie in ooreenstemming is met sy wil nie.

Wanneer jy volgens God se wil bid, kan jy maar glo dat God jou gebed sal verhoor, dat jy vir Hom kan dankie sê voordat Hy nog jou gebed beantwoord het.

Bring jou versoeke na God toe, en sê dan: “Laat u wil geskied. ~ Dwight Moody

Bron: Hoop vir vandag deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.