Gedagte vir die dag: Waar, ongeag

vrou_bybel_bid_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Alles wat U sê, is betroubaar; u regverdige bepalings is vir altyd (Psalm 119:160)

Lisa Whittle sê: “Selfs al sê die wêreld vir ons God is nie in beheer nie, leef ons onder sy gesag. Die wêreld hoef dit nie te verstaan om dit waar te maak nie. Hierdie waarheid bly waar al ondersteun die wêreld dit nie.”

Die wêreld sal allerhande soorte kaarte en Apps aan jou probeer verkoop wat jou sogenaamde ligging vir jou sal aandui. Jy is onder geen verpligting om te glo dat dit regtig die posisie is waar jy nou is nie. Jy is glad nie verplig om die rigtingwysers wat hulle vir jou gee te volg nie. Jesus het tot sy Vader gebid en gesê: “Laat hulle aan U toegewy wees deur ’n hegte verbintenis aan die waarheid. U woord is die waarheid” (Joh. 17:17). Die groot avontuur van geloof is dat ons die samelewing se kaart onderstebo kan draai en dit totaal anders kan lees. Ons het ook die vryheid om hierdie kaart heeltemal te ignoreer en vir Jesus te volg na iets baie groter en baie meer betekenisvol. Dit kan paaie vol slaggate, moeilike keuses, opofferings en gehoorsaamheid inhou – maar glo my, die avontuur sal absoluut die moeite werd wees.

Jesus, wanneer die lewe onseker raak, herinner my dat u Woord vas en waar bly staan, en daarom kan ek ook. Amen.

Bron: Reis lig deur die lewe deur Dalene Reyburn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Johan ·

Dankie Here dat U in ons lewens is. Dankie vir al U genade en seëninge Here. Amen!

Hallelujah ·

Dankie ons Jesus Amen. Elke dag in Suid-Afrika is ‘n onseker tyd maar dan wys U ons die lig wat skyn.

Dries ·

Jesus dui vir ons die weg aan oor Hy life is vir ons en Sy weg wat Hy vir ons aandui is! ook die mees wyse weg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.