Verder sal ons God aanhou dank dat julle sy woord, wat julle by ons gehoor het, aangeneem het nie as mensewoorde nie, maar soos dit werklik is, as Gód se woord. Dié woord is aan die werk in julle wat glo. (1 Tessalonisense 2:13)
Liefdevolle pa’s sal nooit hul klein kindertjies toelaat om op hulle eie ’n besige straat oor te steek nie. Hulle kan miskien die oorkant van die straat bereik sonder om raak gery te word, maar die kanse is nie goed nie. ’n Pa wat nie ernstig is oor sy kinders se veiligheid nie, is ook nie ernstig oor die verantwoordelikhede van ouerskap nie. Net so is dit die verantwoordelikheid van volwassenes in die geloof om in geestelike sin pasbekeerde mense wat die wêreld ingaan, se hand vas te hou en hulle met raad en daad te ondersteun.
Ook Paulus sou nie die nuwe Christene in Tessalonika hulle eie weg laat inslaan sonder om hulp aan te bied nie. Geestelik was hulle eenvoudig nog nie sterk genoeg om op hulle eie die vleeslike versoekings en onchristelike filosofieë wat daardie stad gebied het, te weerstaan nie. Hulle kon in hulle geloof struikel of selfs heeltemal afvallig raak. Die sterk teenstand wat hulle nuwe oortuigings uitgelok het, kon hulle maklik oorweldig. Soos ’n besorgde ouer het Paulus hulle dus goeie raad gegee: Hulle moes vorentoe beweeg in die krag van die Heilige Gees. Soos ’n kind aan ’n ouer se hand moes hulle styf vashou aan God se Woord. Die Woord het immers hulle lewe verander, en sou voortgaan om dit te doen.
God se Woord is ook in jou aan die werk. Elke keer wanneer jy die Bybel lees, werk dit in jou hart en in jou lewe. Luister jy na wat jy daar hoor?
Op watter wyses laat jy God se Woord in jou lewe werk?
Baie dankie Here dat U in ons lewens is. Amen!
Lev27 vers 28