Gedagte vir die dag: Wanneer jy gekoester word          

baba_hand_pappa_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Die Here was baie goed vir my. Ons God het my soos ’n ma in sy liefde toevertrou. (Psalm 116:5)

Koesterliefde is die liefde van ’n ma vir haar baba, van ’n jong verliefde paartjie teenoor mekaar, van ’n dierbare vriendin wat opreg omgee … en van die Vader vir jou! Ja, God se liefde hou jou met teerheid in sy arms, dra jou op sy hande en kyk na jou met die grootste deernis.

Laat jy toe dat God jou koester? Of is jy so besig om “self” te probeer oorleef dat jy Hom nie toelaat om dit te doen nie? Dalk mis jy juis as gevolg van jou onafhanklikheid en selfstandigheid jou Vader se heerlike teerheidsliefde vir jou.

Maak jou oë vir ’n paar minute toe en fokus net op jou Vader. Sien hoe Hy jou op sy skoot tel, jou kop teen sy bors vashou en in jou oor fluister: Ek het jou lief, my kind. So baie, baie lief.

Dankie, my dierbare Heer, dat U my met soveel liefde toevou.

Bron:
Moed vir elke môre deur Milanie Vosloo
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Dries ·

Die grootste voorreg wat enige mens te beurt kan val of die wonderlikste ding wat ooit met enige mens kan gebeur is om vir ewig deur GOD liefgehê te word!

Johan ·

Dit is soo.
Maar is ek geneig tot klein gelowigheid. Vernaam dat ek nou al 10 jaar. Sukkel om te oorleef na n klomp mense my baie in gedoen het.
Ek bly hlo en vertrou maar sukkel om die lug te sien
Ek sou graag soos Job wou wees

Sukkelende skaap ·

Ek hou ook nie van sukkel nie. Vir wat moet als alewig so moeilik wees? Van sukkel met ‘n ongehoorsame twee-jarige as jy huil van moegheid tot finansiele probleme. En as mens nie dankbaar genoeg is nie word dit wat jy wel het weggeneem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.