Gedagte vir die dag: Warm en gebotter

 stiltetyd-brood-lewe.jpg

Foto: pixabay.com

Ek is die brood wat lewe gee. Julle voorvaders het in die woestyn manna geëet en tog gesterf. Hierdie is die brood wat uit die hemel gekom het sodat iemand daarvan kan eet en nie sterf nie. (Johannes 6:48-50)      

Ons is geneig om ons lewens propvol te maak met allerhande dinge wat ons gemoed moet lig en ons eufories moet laat voel. Maar Jesus verduidelik dat Hy die enigste onuitputbare bron van perfekte vrede, rus, tevredenheid, krag en vreugde is. Alle ander dinge verloor hulle  glans, gaan verby en stel uiteindelik teleur. Hy is ons lewensbrood – warm uit die oond met botter op. Onweerstaanbaar.

Weerstaan daarom die geneigdheid om tevrede te wees met “Jesus Lite” – ’n happie hier en ’n slukkie daar sonder ware oorgawe  of  toewyding. Jy sal eenvoudig honger bly vir meer. Kies eerder om jou te verlustig in die fees van die Woord. Probeer dit – ook al is jy nie noodwendig “Woordhonger” nie. Dalk ontdek jy dat jy ná ’n paar happies eenvoudig nie kan ophou nie.

Bron: Uittreksel uit ʼn dagstukkie uit Soos appels van goud deur Dr. Michael Mol en Dalene Reyburn. Dié boek is die perfekte kombinasie van geestelike voedsel en fisieke welstand.
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Dit is so waar as n mens waarlike n happie van die Woord geproe het smag jy na meer…dankie Here Jesus

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.