Mag die Here ons God sy goedheid aan ons bewys, en die werk van ons hande bevestig. (Psalm 90:17)
Het jy al gebid dat God die werk van jou hande sal bevestig? Dat Hy die werk wat Hy vir jou gee, sal seën en salf, ongeag wat daardie werk is?
Laat God die Een wees wat die werk bevestig in jou soeke na Hom, in jou gesin, in jou verhouding met ander mense, in wat jy ook al doen. Laat Hy die Een wees wat die werk voorsien en jou hand daaraan slaan. Erken Hom as die Een wat jou op ’n sekere plek sit en jou help.
Wanneer jy God as die Gewer van alle dinge erken, erken jy dat jou eie lewe deel van Syne is. Jy erken dat jou lewe deel is van ’n baie groter geheel, ’n konteks wat eerstens aan God behoort, jou Vader wat jou liefhet.
Here wees U in beheer van my nuwe keuse asb sonder U besluit kan ek nie U ken my hart dankie vir alles amen