Tapputi se Egiptiese parfuum-olies is sag, gesofistikeerd, luuks én bekostigbaar

(Foto verskaf)

Die feestyd is om die draai en almal is op soek na daardie perfekte Kersgeskenk. Iets wat mooi, uniek, spesiaal en merkwaardig gaan wees vir jou ma, sussie, ouma, vriendin of daardie spesiale persoon in jou lewe, maar iets wat nie jou bank gaan breek nie.

Tapputi, die eksotiese Egiptiese parfuum-olie, is op almal se lippe, polse en nekke. Almal praat daaroor en belê daarin, van bekendes en modebewustes, tot sakevroue, moeders, dogters en nou ook mans! Dit is beslis die nuutste tendens, en as jy kyk na die uitmuntende versameling van 17 A-graad, onverdunde, alkoholvrye Egiptiese parfuum-olies in uitgesoekte vintage-parfuumbottels vir vroue en die drie splinternuwe vrystellings vir mans, verstaan jy dadelik hoekom dit so gewild is.

Die handelsmerk se toewyding om ’n geur vir elke vrou, en nou ook vir mans, aan te bied, word beklemtoon deur hierdie diverse reeks wat elkeen uitnooi om die siel en betowering van Tapputi en die wonders van Egiptiese parfuum-olies te ervaar teen ’n bekostigbare prys.

Die kreatiewe span agter Tapputi het die behoeftes van hulle kliënte in ag geneem en kry dit reg om ’n stylvolle, gesofistikeerde en luukse reeks parfuum-olies na die mark te bring, met pryse wat begin vanaf R630 (BTW ingesluit) per botteltjie.

Vroue én mans reg oor Suid-Afrika kan nie genoeg kry van Tapputi nie. Hierdie luukse reeks word ondersteun deur bekendes soos Margit Meyer-Rodenbëck, Chané Grobler, Rozanne McKenzie, Carla Mackenzie, Kelly Khumalo, Anneline Kriel en manne soos Francois Boyce en Joshua na die Reën.

Tapputi maak dit beslis baie maklik en onweerstaanbaar om jouself of jou geliefde met ’n uiters buitengewone geskenk vir Kersfees te bederf.

Hierdie Kersfees kan jy ’n geskenk van tydlose elegansie, teen ’n bekostigbare prys, op die mees eksotiese manier gee!

Van die tevrede kliënte wat Tapputi aanbeveel, skryf onder andere op hulle Facebook-blad:

  • Thank you very much for my beautiful gift. Dit ruik so lekker, en die botteltjies is so pragtig, nogmaals baie dankie!” – Mej. Wêreld 1984 – Anneline Kriel
  • Definitief die mooiste parfuumbottels wat ek nog gesien het en die reuk is absoluut hemels. Kliëntediens is tops, baie dankie daarvoor. Ek het verseker ’n nuwe obsessie!” – Rina Oberholzer
  • Heerlike parfuum! Mooiste parfuumbottel waarin dit kom! Fantasties! Dankie Steve vir julle uitstekende diens! Sal julle produk enige tyd aanbeveel!” – Henriëtte Kühn
  • Ek het my pakkie gekry ʼn dag ná ek bestel het! Love dit! Dankie julle! Ongelooflike diens en pragtige parfuum!” – Zandro Leoni Loureiro

Waar kry jy dit?

Tapputi Egiptiese parfuum-olies is aanlyn of by die volgende uitgesoekte boetiekwinkels beskikbaar:

Aanlyn winkel: www.tapputioils.co.za

Busstop 7-opelug mark, Pretoria
Saterdae: 08:00 – 16:00
Sondae: 09:00 – 16:00
15 Desember: 09:00 – 16:00
17 Desember: 09:00 – 16:00 (Laaste dag vir 2023)

Bespoke & All Gifts
Orionweg 165
Waterkloofrif
Pretoria

The Beach Fairy
Jakobastraat 2
Langebaan

Beach Sand Cape Town
Winkel 13, Seaside Village
h/v Otto du Plessis- & Cormorant-rylaan
Big Bay
Kaapstad

Beach Sand Knysna
Winkel Z3-03, Knysna Mall
Mainstraat
Knysna

Beachsand Mosselbaai
Marshstraat 39A
Mosselbaai CBD

The Coral by Beacon Island Hotel (Geskenkwinkel)
Plettenbergbaai

La Exquisite Boutique
Buffeldoornstraat 94
Winkel 4, Flamwood
Klerksdorp

Besoek Tapputi op sosiale media:
Facebook@TapputiPerfumeOils
Instagram@tapputi_belatekallim_fragrance
TikTok @tapputisouthafrica
WhatsApp –  +27 79 133 2826
Webwerfwww.tapputioils.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.