Boonop het Nasa ook aangekondig dat nog ’n planeet ontdek is wat saam met Kepler 438b as die naaste aan aardgrootte eksoplanete beskou word. Hierdie sterre was deel van ‘n groep van agt eksoplanete wie se ontdekking nou aangekondig is, en wat klein genoeg is om rotsplanete te wees, en wat in hul sterre se bewoonbare sone wentel.
’n Besoek aan die aarde se susterplaneet sal nie gou op hande wees nie. Dit is 475 ligjare van die aarde af. Die ander “susterplaneet” is nog ‘n raps verder – 1 100 ligjare. Beide planete is egter baie nader aan hul onderskeie sonne as die aarde van die son, maar omdat dit rooi dwerge is, is die sterre veel koeler as die aarde se son.
Die data maak deel uit van ’n massa inligting wat deur die Kepler-ruimteteleskoop versamel is terwyl dit nog ten volle operasioneel was. Dit sal nog jare neem om deur al die data te sif. Kepler het teen die middel van 2013 na vier jaar in die ruimte onklaar geraak toe ’n tweede stabliseringswiel die gees gegee het. Intussen het Nasa Kepler weer vlot genoeg gemaak deur die sonwind se drukkrag vir stabilisering te gebruik om nabye sterre vir eksoplanete te fynkam.
Meer besonderhede in die Christian Science Monitor kan hier gelees word.
Is daar intelligente lewe elders in die heelal? Bybels onwaarskynlik – lees gerus http://www.gotquestions.org/aliens-UFOs.html
Die skrywers van die Bybel het nie eens geweet van die “heelal” nie. Hulle kon net sowat 3000 sterre sien – soos enigeen vandag nog met die blote oog kan doen.
As daar is, is dit on berykbaar vir die meus,so vergeet dit maar.
Tegnologie verbeter by die dag, as ek deesdae se berigte lees glo ek dat daar lewe in die buitenste “duisternis” moet wees !Dit(die heelal) is net so onbegryplik groot !
Geensins onbybels nie. Dit is tog die Skepper se keuse al dan nie?
Dit is sy heelal. Hy kan maak soos Hy wil.
Maroela, ek het hier kommentaar gelewer dat daar nie gese kan word die heelal is deur “god” geskep nie, maar dat dit uit niks kom.
Dis verwyder. Wil julle nou vir my kom vertel dat die sienings van wetenskaplikes soos Hawking en Krauss dat die heelal uit “niks” konjm ontstaan het, vir julle aanstootlik is? Wil julle nou vir my kom vertel dat wetenskaplike sieninge nie op Maroela aangehaal kan word nie?
Gee, bietjie antwoord asb.