Apple maak nuwe iPhone 7-modelle bekend

iPhone 7 (Foto via Mirror)

iPhone 7 (Foto via Mirror)

Apple het Woensdag tydens ʼn perskonferensie in San Francisco in Amerika die nuwe iPhone 7-modelle bekend gemaak.

Aanhangers van dié produk wag al ʼn geruime tyd vir dié nuwe weergawe, wat in twee modelle, die iPhone 7 en iPhone 7 Plus bekend gestel is.

Die jongste model kan van vandag, 9 September, vooraf bestel te word sal na verwagting teen 16 September in Amerika beskikbaar wees. Daar is nog nie bevestig wanneer die model in Suid-Afrika beskikbaar sal wees nie.

Die opgeknapte ontwerp is waterbestand, het ʼn nuwe tuisknoppie en is in twee nuwe kleure beskikbaar, black en jet black. Die iPhone 7 is ook toegerus met ʼn nuwe kamera – 12mp (megapixel) met ʼn Quad-LED True Tone Flash, 7mp FaceTime HD-kamera en optiese beeldstabilisering.

iPhone 7 (Foto via Mirror)

iPhone 7 (Foto via Mirror)

Die iPhone 7 Plus kry ʼn dubbellenskamera wat twee maal optiese vergroting bied en tot en met tien keer digitaal kan vergroot. Die nuwe Retina HD-skerm is 25% helderder, het ʼn breë kleurspektrum en 3D Touch.

Apple beweer die nuwe A10 Fusion Chip is die sterkste skyfie nog in ʼn slimfoon en hulle spog dat die iPhone 7 vinniger is as die iPhone 6. Volgens die maatskappy is die batteryleeftyd ook die beste ooit van enige vorige generasie iPhone..

Aanhangers en kritici het egter gemengde gevoelens oor die maatskappy se omstrede besluit om die oorfoonprop te verwyder om twee luidsprekers te kon inpas. Die iPhone 7 het nou stereoklank. Vinniger LTE tot en met 450Mbps is drie maal vinniger as dit wat op iPhone 6 beskikbaar was.

Apple het ook weggedoen met die 16Gb-weergawe. Die drie modelle wat nou beskikbaar is, is 32Gb, 128Gb en 256Gb.

iPhone 7 (Foto via Mirror)

iPhone 7 (Foto via Mirror)

ʼn Stel EarPods met ʼn sogenaamde “Lightning”-aansluiting kom saam met die iPhone 7. Apple het ook hulle nuwe AirPods bekendgestel: Dit is koordlose oorfone en moet afsonderlik gekoop word (teen ongeveer $159). Dit sal van laat Oktober beskikbaar wees.

Nog opwindende nuus vir iPhone-gebruikers is dat die wêreldbekende Super Mario-speletjie op die iPhone beskikbaar sal wees. Apple is die eerste maatskappy wat buite Nintendo hierdie speletjie sal kan geniet. Super Mario Run sal voor Desember op die App Store beskikbaar wees.

Apple Watch Series 2 is ook bekendgestel. Dit kan ook teen 9 September in Amerika bestel word en behoort ook teen 16 September op rakke in die VSA te wees. Apple Watch Series 2 is nou waterdig tot en met 50 m en geniet ook ʼn nuwe dual core-rekenaarskyfie. Daar is ook ingeboude GPS en ʼn skerm wat twee keer helderder is as voorheen.
Lees alles oor die nuwe iPhone 7

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Dealbreaker ·

Die feit dat hulle nie meer oor foon het nie en ek plaas se prys moet betaal vir die koordlose oorfoon maak dat ek liewer na ander make gaan kyk. Bye Apple.

Aubrey Vermaak ·

Na ja ek is seker daar is nog mense wat soos ek Apple mal is. Ek het n 23 duim Imac, dan ook n macbook pro.Dan ipad en ipad mini. Ook iphone 6 +,en ipods. En alles werk maklik saam met Windows. Dit is die maklikste en lekkerste produkte om mee te werk. Ongelukkig kan almal dit nie bekostig nie-dis maar hulle eie saak.

Bluff ·

Cheers al die make…eks oppad FNB fone toe. Goedkoper kontrakte en dit gebruik al die netwerke! Steve Jobs was reg…hy het almal in sy beursie! Net jammer iphone 7 gaan jou R21 000 kos?…shame

SkarrelKind ·

Ek is nie ‘n baie groot Apple aanhanger nie. Apple wil altyd vir jou sê hoe jy jou eie toestel moet/kan gebruik. iTunes is ‘n groot beslommernis en as die opvangs nie lekker is nie (wat soms hier gebeur) dan lol daai Apple aanmekaar. Hulle batterye is egter baie goeie kwaliteit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.