Apple-produkte eersdaags op Samsung TV

As jy flieks of reekse op Apple iTunes aangekoop het, sal jy dit eersdaags op Samsung-televisiestelle kan kyk, sonder om ʼn Apple TV-toestel aan jou televisie hoef te koppel.

Die slimfoonreus Apple het Sondag dié aankondiging gemaak.

Volgens TechCentral dui dié skuif aan dat Apple hom as ʼn tegnologie-en-mediadienstemaatskappy wil vestig namate die verkope van die iPhone voortgaan om af te neem.

Verlede week, nadat Apple beleggers geskok het deur te sê dat iPhone-verkope die verwagtinge vir die vakansietydperk misgeloop het, het dit ʼn rekord van $10,8 miljard vir die kwartaal aangeteken.

Dan Ives, ʼn ontleder vir Wedbush Securities, het gesê Tim Cook, uitvoerende hoof van Apple, het die noodsaaklikheid daarvan ingesien om hande te vat met verspreidingsvennote soos Samsung.

“Hierdie dienste is belangrik vir Apple en een van die enigste silwer randjies in ʼn andersins donker groeifase,” het Ives gesê.

Apple en Samsung was vir sowat sewe jaar in ʼn wetlike geskil oor slimfoon-patente gewikkel.

Apple het sy mededinger daarvan beskuldig dat hy die iPhone-ontwerp nageboots het. Ná verskeie hofsake is miljoene dollars aan Apple toegeken. Dié twee maatskappye het uiteindelik in Junie 2018 geskik en litigasie is beëindig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.