Bou só maklik ʼn nuwe app vir jou maatskappy

Codehesion is een van Suid-Afrika se voorste Android- en iOS-appontwikkelingsmaatskappye wat dit vir maatskappye maklik maak om hul eie slimfoon-toepassings te bou.

Met ʼn rits suksesvolle Android- en iOS-apps agter hul naam bied Codehesion ʼn vaartbelynde proses om binne weke jou eie app te ontwikkel.

Die maatskappy het in 2019 verskeie suksesvolle slimfoon-apps gebou, waaronder ʼn app vir die inwoners van Midstream Estate (Gauteng) en die SFX-geldoordrag-app. Die uitslag was indrukwekkend. Die Midstream Estate-app is binne die eerste twee dae meer as 1 500 keer afgelaai en het nie enige probleme ondervind nie.

Die SFX-geldoordrag-app was net so suksesvol. “Welgedaan aan die Codehesion-span wat kliëntediens verstaan en seker maak dat prestasie en gebruikerervaringsdoelwitte bereik word,” sê Bradley Soll, bedryfshoof van SFX Money Transfer.

Maklike en eenvoudige konsultasie

Codehesion help maatskappye om hul eie slimfoon-app te bou deur ʼn gratis, eenvoudige konsultasieproses.

Hector Beyers, uitvoerende hoof van Codehesion, moedig maatskappye aan wat graag ʼn Android- of iOS-app wil bou, om hulle deur hul webwerf te kontak.

Vir ʼn risikovrye konsultasie, kontak Codehesion.

Die artikel is gepubliseer in vennootskap met Codehesion.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.