China wil maan se agterkant besoek

China se Chang’e-3-sending het in 2013 die Yutu (Jade Rabbit) op die maan geland (Argieffoto)

China se Chang’e-3-sending het in 2013 die Yutu (Jade Rabbit) op die maan geland (Argieffoto)

China het aangekondig dat hy in 2018 vir die eerste keer ‘n robottuig op die kant van die maan, wat weg van die aarde gedraai is, gaan laat land. Nog geen ander land het dit gedoen nie.

Dit is reeds bekend dat die agterkant van die maan aansienlik verskil van die kant wat na die aarde gedraai is, en groot opgewondenheid bestaan oor die Chinese planne.

Die robottuig, Chang’e-4, wat vernoem is na die godin van die maan in Chinese mitologie, sal dié gedeelte van die maan besoek. Geen mens of robottuig was al vantevore op dié gedeelte nie.

Die land se ruimteagentskap het gesê hy wil hiermee wegbeweeg van ’n land wat net in die prestasievoetspore van ander volg, en ‘n leidende rol inneem wat maanverkenning betref. China beoog om binne die volgende dekade ook ’n paar kilogram maanrots na die aarde terug te bring.

Bron: Christian Science Monitor, ArsTechnica

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Kosie ·

Die Chinese was al lankal op die maan. Jy kan al klaar mooncake in Chinatown koop.

Sus ·

Met al die rommel in die buitenste ruimte wonder ek maar net hoeveel van die ekspedisies is die moeite werd en rig nie meer skade as goed aan nie? Die mens is in beginsel ‘n morsjors.

Johan 2 ·

Ek hoop ons sal inligting kan kry oor die reis en nie net n klomp gedokterde fotos soos dié van NASA nie. Ek sien nogal uit daarna, hoop ons(hul) vind iets daar. Soos oorblyfsels van n uitgestorwe oer beskawing. Sal so iets nie juis op die maan oorleef nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.