Dalk meer water op maan as wat voorheen gedink is

Argieffoto

Nasa-wetenskaplikes meen nou dat daar waarskynlik meer water op die maan is as wat aanvanklik bepaal is en dat die maan heel moontlik in die verlede moontlik “nat” was.

Volgens nuwe navorsing wat in die vaktydskrif Earth and Planetary Science Letters gepubliseer is, het ’n nat atmosfeer die maan glo vir ʼn tydperk van ongeveer 70 miljoen jaar omhul.

Die water was afkomstig uit die gas wat vloeiende lawa vinniger in die atmosfeer vrygestel het as wat dit na die ruimte kon ontsnap. Een so ’n bron sou kon wees toe ’n dwergplaneet met ’n deursnee van 300 km 3,5 miljard jaar gelede met die maan gebots het en die Imbruim-bekken gevorm het.

Namate die vulkaniese aktiwiteite op die maan afgeneem het, het die gasse ontsnap en veroorsaak dat die maan se baie yl atmosfeer vandag ’n beter vakuum is as die beste vakuum wat op aarde geskep kan word.

Dié navorsing sal Nasa-wetenskaplikes moontlik nou in staat stel om langer missies vir die toekoms te beplan om die maan te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

JC ·

Baie dankie Herman, interessant; die feit oor die vakuum. Dit wys net hoe power en gebrekking die mens se “tegnologie” is. Maar sal ons ooit aanvaar dat ons, ons voor God moet neerwerp en om sy genade, insig en leiding smeek? Nee…maar ons dink ons weet iets van die natuur, umggf!
Ons is nogsteeds so gefomfaai en verwar deur die vreemde verskynsels van kwantum fisika, ons weet nie eers of ons kom of gaan nie, maar ons wil mos probeer God speel en Hom probeer verstaan!

Stofskoen ·

Hoe anders sal ons leer?

Ons het al reeds baie geleer en verstaan al baie meer as 1000 jaar gelede, ons is wesens wat wil leer.

jurie ·

As ek so na die maan kyk en sy rotasie sal dit my nie verbaas as die maan eers in die aarde se atmosfeer “gedryf” het nie.

Atta ·

Science: “the intellectual and practical activity encompassing the systematic study of the structure and behaviour of the physical and natural world through observation and experiment.”
Nou is die vraag: Watter NASA wetenskaplike was destyds teenwoordig om alles waar te neem en watse eksperimente het hulle gedoen dat hulle al hierdie stellings kan maak? Dis nie wetenskap nie, dis spekulasie. En oor ‘n jaar kom daar nuwe “feite” na vore en dan verander hulle soos gewoonlik weer hul storie. Soos daar tereg genoem word is die maan se atmosfeer byna ‘n perfekte vakuum. Hoe laer die atmosferiese druk, hoe laer is die kookpunt van water (graad 7 wetenskap). Enige water wat op die maan sou wees sal lankal al weggekook (verdamp) het. En as sy atmosfeer dan so nat was, dan het dit sekerlik ook op die maan gereën? Waar is die slote, dongas en rivierbeddings wat deur die vloeiende water uitgekerf was? Ag nee NASA, gee vir ons regte wetenskap, nie ‘n klomp duimsuig stories nie.

Eish ·

Verder tot die definisie moet gemelde eksperimente elke keer in dieselfde omstandighede gedoen word en dan sal dit dieselfde resultate verskaf. Dit is wetenskap.Hierdie,is soos u tereg opmerk, spekulasie, so ook die gewaande tydperk van 70m jaar.

KLEINTJIE ·

As daar water op die maan is en dit word bewoon deur mense dan sal hulle ook sekerlik waterbeperkings daar hê.

Adam Willemse ·

Waarom verbaas wees, Langenhoven se Loerelaai het dit in 1926 mos al vir julle vertel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.