Die ontdekking van ’n hemelliggaam wat sowat 635 km in deursnee is en wat baie ver op die buiterand van die Kuipergordel is, het die hoop laat opvlam dat die tegnologie wel bestaan om die ontwykende Planeet 9 op te spoor.
Dié nuutontdekte hemelliggaam, bekend as Dee Dee, is op die oomblik 92 astronomiese eenhede van die aarde af en dit neem lig van die son 13 uur om Dee Dee te bereik.
Die dwergplaneet se temperatuur blyk sowat -234 °C te wees.
Die navorsers meen daar is nog wêrelde om in ons son se agterplaas om te ontdek.
Planeet 9 is ’n hipotetiese planeet wat vermoedelik tien keer so groot as die aarde is en wat sowat tien keer verder as Pluto van die aarde af om die son sou wentel. So ’n planeet sou baanversteurings van buite-planete kon verklaar.
Bron: Astronomy
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
5 Kommentare
Hi Herman. Interressante onderwerp. Daar is n paar jaar gelede reeds n indiepte studie gedoen oor die onderwerp. Kruisverwysings sluit in die Bybel, 2 Petrus 3, maar nie Openbaring 8 nie. Ook in n hele paar parallel Bybels, en veral die Sumeriese skrif. Uit die Profisiee sien ons baie verwysings daarna, Mother Shipman, Nostradamus, Caesarius Heisterbach, Bernard Bouvier, Alois Irlmaier om regtig net n paar te noem. Sy naam volgens die Sumeriese Skrif is Nibiru, Marduk, Blue Star, Death Star ens. Dit wil lyk asof Openbaring 12 ook direk hiermee verband hou. Die beeld kom hierdie jaar voor die 23ste… Lees meer »
Francois, heeltemal korrek. Kan nie meer wag nie.
Dis heerlike alternatiewe leesstof tot al die tragiese ongelukke en politiek! Ons het positiewe gebeure baie nodig. Baie dankie!
Ek dink die belangrike voorspelling in Francois se stuk is dat daar ‘n nuwe hemelligaam in EEN OF ANDER jaar ontdek gaan word. Siende dat daar redelik gereeld nuwe hemelliggame ontdek word kan die voorspelling EEN OF ANDER tyd waar word. Sy voorspelling is dus redelik veilig. ‘n Mens moet jouself nie te vas maak met voorspellings nie.