Dié emoji’s verklap jou ouderdom, sê jonges

Foto ter illustrasie. (Foto: Alexas_Fotos/Pixabay)

Die jonger garde takseer ouer mense nie meer op hul baadjie nie, maar eerder op die emoji’s wat gebruik word wanneer boodskappe gestuur word.

Daily Mail berig dat ’n onlangse meningspeiling, wat onder altesaam 2 000 deelnemers tussen die ouderdomme van 16 en 29 gedoen is, bevind het dat sekere emoji’s daarop kan dui dat iemand “oud” en selfs “passief‑aggressief” is.

Sekere emoji’s laat jongmense glo aanneem dat die persoon wat die boodskap vir hulle stuur, ouer is.

Van dié emoji’s sluit in die apie wat sy oë toe hou, die huil-gesig, die rooilipstiffie-soen en die regmerkie.

Volgens sommige  jongmense word die gebruik van die “duim-in-die-lug”-emoji (thumbs up) dikwels as ongeskik en passief‑aggressief  beskou, met talle van die deelnemers aan die peiling wat volstrek weier om dié emoji te gebruik.

Van die jong deelnemers aan die peiling meen ook dat die gebruik van dié emoji onvanpas is op kantoor en dat hulle “aangeval” voel wanneer dit gebruik word.

“By my vorige werksplek het ons ’n WhatsApp-groep gehad waarop ons span gekommunikeer het. Baie mense het bloot net met die duim-in-die-lug-emoji geantwoord. Dit voel vir my effens vyandiggesind,” het een van die 24-jarige deelnemers gesê. “My kollegas van my ouderdom het glad nie die duim-in-die-lug-emoji gebruik nie, maar die Gen X- [ouer] mense het dit altyd gebruik. Dit het my ʼn rukkie gevat om te besef hulle is nie kwaad vir my wanneer hulle dit gebruik nie.”

Bykomende bron: Jacaranda FM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Annelize ·

Mens noem hierdie jonger generasie, die “Snowflake” generasie. Bid jou aan, hulle voel aangeval as die emoji’s gebruik word! Die arme goedjies sou NIE die 80’s en 90’s oorleef het nie. Ek lag my slap!!!!

Jixy ·

Net wat ek gesit en dink het. Van hulle was nog nie eers gebore toe ek geleer het om emoji’s te gebruik nie.

Patch ·

Die jonger generasie voel aangeval as iemand uit ‘n ouer generasie sekere emoji’s gebruik maar dan wonder ek soms (of nee…meeste van die tyd) of die jonger generasie weet hoe om te spel as ek sien hoe sommige woorde gespel (of sal ek eerder sê afgekort) word. Ek het al ‘n boodskap gesien en gewonder wat nou eintlik gesê word want die “afkortings” van woorde het glad nie vir my sin gemaak nie.

So ja, ek is van die ouer garde maar ek en my 20-jarige kinders gebruik almal die rooi hartjie, apie wat sy oë toe hou, die “thumbs up” en hande klap emoji’s. En my kinders weet dat as hulle vir my ‘n boodskap stuur moet die spelling behoorlik wees sodat hierdie ouer generasie ouer kan verstaan wat hulle sê.

As dit moontlik was om in tyd terug te gaan, na die 70’s, 80’s en vroeë 90’s en vandag se jongmense soontoe te stuur, wonder ek hoe hulle sou kommunikeer?

Annie Webb ·

Emoji’s word deur selfoonvervaardigers geskep om NA GOEDDUNKE deur gebruikers aangewend te word. Jongmense en die media soek “betekenis” (vir hulle bestaan?) waar dit nie is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.