Duisend jaar oue mummie in Boeddhabeeld gevind

Die Boeddha-beeld en die skandering met die mummie daarbinne Foto: Drents-museum

Die Boeddhabeeld en die skandering met die mummie daarbinne Foto: Drents-museum

Verbaasde navorsers van die Drentse Museum in Nederland het vasgestel dat ’n goue “Boeddhabeeld” inderdaad die laaste rusplek van ’n Boeddhistiese monnik is wat in ongeveer die jaar 1100 n.C. dood is. Die ontdekking is gedoen toe die “beeld” geskandeer is.

Verdere ondersoeke het aan die lig gebring dat die mummie se organe verwyder en vervang is met geskrifte in Chinees. Die vermoede is dat die mummie die oorskot is van Meester Liu Quan, ‘n lid van die Chinese meditasieskool.

Die wetenskaplikes glo die liggaam is deur selfmummifikasie gepreserveer.

Selfmummifikasie is ’n uitgerekte, pynlike proses wat in Japan ontwikkel is. Die persoon wat so bewaar wou word, het ’n duisend dae lank van neute en sade geleef om sy liggaam van vette te reinig. Hierna het hy ’n verdere duisend dae van bas en boomwortels geleef. Hierna is begin om ’n gif te drink wat die liggaam nie net gedehidreer het nie, maar ook te toksies gemaak het vir insekte en bakterieë om daarvan te leef.

Die sterwende is hierna in ’n lugdigte houer met ’n lugseël geplaas, en ’n tou waarmee die persoon binne-in ’n klok kon lui. Die persoon het dan elke dag die klok gelui. Wanneer die klok ’n dag lank nie gelui het nie, is aanvaar dat die persoon gesterf het, en is die lugseël verwyder sodat die liggaam kon uitdroog. Na ’n duisend dae is die houer oopgemaak en kon vasgestel word of die persoon inderdaad gemummifiseer het. Van die honderde monnikke wat die proses aangepak het, het slegs enkele dosyne suksesvol gemummifiseer.

Die Boeddhabeeld met die mummie daarin kan nou tot by die Nasionale Museum in Boedapest besigtig word waar dit uitgestal word.

Lees die volledige artikel op Discovery.com.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Paul ·

Sekerlik lid van ‘n “meditasieskool” eerder as ‘n “mediasieskool”?

anet ·

Dankie Herman, ek het nog altyd gewonder hoe die monnike hulle voorberei het vir
selfmummifikasie om gepreserveer te word. Dit kon nie maklik gewees het om net van sade en neute te leef nie, dit op te volg met boombas en wortels, en dan gif te drink nie.

emile ·

Hierdie futiele selffoltering ritueel om “verligting” te bereik is natuurlik onnodig in Lig van Jesus se Verlossingsoffer.

ouhout ·

En die Budhiste dink jou aanhang van die Christelike geloof is ‘n liggewig en nietige oefening in futiliteit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.