Eersteklas oplossings vir ‘n intelligente, gekonnekteerde toekoms

Diensverskaffers speel ‘n belangrike rol om die nuwe grense van intelligente rekenaars moontlik te maak. Maatskappye soos MiRO bied ondersteuning aan dié diensverskaffers.

MiRO is ‘n toonaangewende verspreider van toegevoegde waarde vir koordlose breëband-, Wi-Fi-, netwerk-, VoIP-, SD-WAN-, IoT-, sekuriteits- en IP-video-oplossings. Vir die afgelope 18 jaar is MiRO besig om tegnologie-integreerders, diensverskaffers en handelaars te bemagtig om sakekliënte sowel as residensiële kliënte suksesvol te verbind met hul beste oplossings. MiRO is met reg trots op die verspreiding en ondersteuning van toonaangewende wêreldwye handelsmerke soos Cambium Networks, Siklu, Grandstream, Ubiquiti Networks, MikroTik, RADWIN, Ring, Uniview, TP-Link, Tenda en vele meer.

Met hul groeiende verspreidingsvoetspoor in Sub-Sahara- en Oos-Afrika, en met takke in die groot stedelike sentra van Suid-Afrika, bemagtig MiRO sy vennote om vooraanstaande, skaalbare oplossings vir IP-konvergensie aan hul kliënte te lewer – ongeag wanneer of waar hulle dit ook al mag benodig.

MiRO streef deurgaans daarna om hindernisse te verwyder en sy produkte en dienste maklik en toeganklik te maak. Vroeg reeds in 2020 het MiRO sy nuwe aanlyn winkel, miro.co.za, bekendgestel. Boonop is hulle nou ses dae per week oop. Dit stel hul vennote in staat om 24 uur per dag, 365 dae van die jaar toegang tot inligting te verkry asook aanlyn te koop.

Miro.co.za is ontwerp met die oog op gemak. Laasgenoemde stel gebruikers in staat om hul eie prysopgawes op te stel, voorraadbeskikbaarheid by al die takke te sien en intyds deur middel van die bestellingsopsporingsopsie voorraad en installasies akkuraat te beplan. Besoeke aan een van hul vele takke landwyd is altyd welkom, maar indien dit nie moontlik is nie, wees gerus dat hul tegniese en verkoopspan slegs ʼn oproep of ʼn muisklik vêr is. Die keuse is joune, want om ‘n MiRO-kliënt te wees, beteken dat jy kan kies hoe jy met hulle sake doen.

MiRO se kernwaarde is om hul kennis te deel en sodoende kliënte en kollegas te bemagtig. Hierdie deel van hul kundigheid het gelei tot die vorming van die MiRO Akademie. Hierdie nuwe benadering tot die aanbieding van IP-konvergensie-opleiding is voorwaar uit die boonste rakke. MiRO Akademie is ‘n aanlyn inskrywingsplatform. Individue en sakegebruikers kan hier registreer en toegang verkry tot ʼn reeks pasgemaakte en steeds-groeiende aanlyn opleidingskursusse.

MiRO beoog om ‘n stabiele platform te bied waar gebruikers kan voordeel trek deur middel van voortdurende opleiding. Met hierdie platform, sowel as hul instrukteur-geleide klaskameropleiding, het MiRO duisende ICT-professionele persone toegerus om opwindende nuwe tegnologieë te aanvaar. Van gratis webinaars oor produk- en tegnologie-ontwikkeling tot leek-tot-kenner basiese opleiding oor ‘n reeks data-netwerk tegnologieë, en selfs internasionaal gesertifiseerde opleidings, is alles beskikbaar.

Om van MiRO se reeks produkte en dienste gebruik te maak, of om tred te hou met hierdie vinnig-veranderende bedryf, klik hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.