Entrepreneurskap: Om ondervinding met tegnologie te versoen


riaan-van-wyk-klipkouers

Riaan van Wyk. Foto: Verskaf.

Hiermee ʼn voorsmakie van my onderhoud met Riaan van Wyk, eienaar van DemZa Bake ʼn Pack, wat weet hoe om sy nis-teikenmark met 7 000+ produkte gelukkig te hou.

Watter ander besigheid of bedryf is vir jou interessant of ongewoon?

Toe ek nagedink het, kom ek agter ek hou van enige besigheid waar ek by die mense betrokke kan praat en hulle dit geniet. Dit maak nie saak met wie ek praat nie; hier by ons is ʼn spaza-winkel en jy kom agter hierdie ou het hierdie klein kaiatjie op die hoek van die straat – jis, maar hy geniet dit! Hy kan vir jou in detail vertel wie’s die klante, en dan sê ek, “Wow, dis ʼn nice besigheid hierdie!” Dieselfde as ek met hoogs opgeleide mense praat. Ek luister nou die dag na ʼn potgooi waar mense oor hierdie ingewikkelde besigheid om gene-navorsing te doen en goeters praat, en toe dink ek, “Wow, dit klink na ʼn nice besigheid.” So, dit gaan vir my meer oor die mens wat die besigheid bedryf: dít trek my aandag, nie die spesifieke besigheid self nie.

So, dit gaan oor die passie; het daardie persoon ʼn liefde en ʼn passie vir wat hy of sy doen?

Ja, ek hou daarvan, ek hou baie daarvan. Ek hou net nie baie van grootbekke nie, want mense wat grootbek is en dink hulle weet alles, maar met ander se geld werk – ek het nie baie tyd daarvoor nie.

Ek het gister vir ʼn vriend gesê daar is so ʼn gesegde by Wall Street in Amerika wat lui: Wall Street is die enigste plek waar die ou wat die openbare trein werk toe gevat het vir die ou met die Rolls Royce vertel hoe om sy geld te belê. Dit sluit nou vir my baie mooi aan by wat jy nou net gesê het!

Vir seker!

NB! Moenie laas week se onderhoud met Francois Maartens, eienaar van Integrated Malaria Control Consulting, misloop nie!

  • Die volledige onderhoud waar Francois Maartens sy wenke met entrepreneurs deel, word Donderdag gepubliseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.