Entrepreneurskap: Om waarde toe te voeg


hannes-dreyer-klipkouers

Foto: Verskaf.

Hiermee ʼn voorsmakie van Jacques Basson van Klipkouers onderhoud met Hannes Dreyer.

Watter ander besigheid of bedryf is vir jou interessant of ongewoon?

Daar is nie so iets nie; alle bedrywe is eintlik ongelooflik interessant en boonop, so ongelooflik soos dit mag klink, presies dieselfde. Jou doel in enige bedryf is om waarde toe te voeg vir jou kliënt en dit is jou enigste voortbestaan; met ander woorde, jy moet dit doen teen ʼn wins. As jy dit nie teen ʼn wins kan doen sodat jy meer waarde toevoeg as wat daardie ou bereid is om te betaal nie, dan het jy nie ʼn besigheid nie. So, elkeen benader dit op ʼn ander manier, maar uiteindelik is alle winsgedrewe besighede presies dieselfde.

So, as jy nou ʼn produk moet uitsonder, is daar ʼn produk of iets wat jou fassineer?

Nee, weet jy, alles is vir my fassinerend. Besigheid op sigself is vir my fassinerend. Wat wel vir my uitstaan, en dis hoekom ek dit doen, is digitale produkte. Veral omdat ek letterlik binne 20 minute ʼn digitale besigheid uit niks kan opbou en geld daaruit kan verdien.

NB! Moenie laas week se onderhoud met Michiel Els van Patriot Apparel misloop nie!

Die volledige onderhoud waar Hannes Dreyer sy wenke met entrepreneurs deel, word Donderdag gepubliseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.