Ervaar gemoedsrus met produkte wat praat wanneer jy nie kan nie

ICE-ID.me

Veiligheid, gesondheid en gemoedsrus raak vir mense al hoe meer belangrik, of jy nou alleen bly, besorgd is oor jou eggenoot of ʼn gesin het om te beskerm.

ICE-ID.me (“In Case of Emergency Identify Me”) verskaf premium, bekostigbare, ontwerperprodukte, elkeen aangepas met ʼn unieke identifiseerder, wat met innoverende tegnologie die reaksietyd bespoedig wat noodsaaklik is om jou lewe te red wanneer dit die meeste saak maak.

Die ICE-ID.me-stelsel werk saam met ʼn gratis app op jou foon en word gekoppel aan jou profiel om jou gesondheidsinligting met nooddienste en mediese personeel te deel, wanneer dit nodig is.

As jy en jou geliefdes lede van ICE-ID.me is, sluit jou jaarlikse noodgereedheid beskermingsplan die volgende in:

  1. ʼn Netwerk van meer as 3 500 ambulanse. Dit dek ook pad- en lugvervoer, traumaberading, ontlonting en repatriasie van sterflike oorskot tot 30 000 km of R80 000; wat ook al eerste kom.
  2. Toegang tot ons landwye netwerk van meer as 2 500 gewapendereaksie-voertuie en kragtige KI-algoritmes. Ons sal die naaste eenheid outomaties ontplooi aan die laaste ligging (wat jou toestel gestuur het), om te verseker dat blitsvinnige reaksie-eenhede op jou reageer wanneer jy onveilig of bedreig voel.
    Al jou gesondheidsinligting op een plek. Maklike toegang met enige slimfoon deur nooddiensbeamptes, mediese personeel of selfs kollegas.
  3. Slim beskerming vir jou geliefdes deur die QR-kode te skandeer of die NFC (“Near Field Communication”) op een van ons ontwerper-ICE-ID.me-armbandjies te tik. Stoor jou mediese geskiedenis, allergieë, onlangse operasies en meer. Verskaf vinnige toegang tot jou mediese profiel vir paramedici.
  4. ICE-ID.me-noodkaarte en -armbande maak vinnige toegang tot noodsorg, sekuriteitsdienste en noodsaaklike gesondheidsinligting moontlik. Maar dit is nie net vir jou nie, die tegnologie kan gebruik word om ʼn rits veilige, toeganklike oplossings vir jou, jou geliefdes, jou troeteldiere, jou besigheid en jou bates te bied.

Gee hierdie Kersfees die geskenk van gemoedsrus en beskerming aan jou geliefdes.

ICE-ID.me

Registreer gratis en jy staan kans om een van die 30 ICE-ID.me-pakkette te wen:

  • 10 x individuele planne
  • 10 x planne vir paartjies
  • 10 x planne vir gesinne

Indien jy registreer en een van die volgende jaarpakkette koop, kom jy in aanmerking vir ʼn kontantprys van R10 000! (B’s & V’s geld)

  • Individuele noodgereedheid-beskermingsplan: R600 en kry een gratis ICE-ID.me mediese identifiseringskaart.
  • Paartjie noodgereedheid-beskermingsplan: R700 en kry twee gratis ICE-ID.me mediese identifiseringskaarte.
  • Gesin noodgereedheid-beskermingsplan: R999 en kry vier gratis ICE-ID.me mediese identifiseringskaarte.

Vir meer inligting, die kompetisiereëls en bepalings en voorwaardes, besoek ICE-ID.me.

Die professionele dienste begin op 1 Februarie 2024, maar gebruikers wat nou registreer, kry vroeë toegang.

ICE-ID.me

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.