Barry Wilmore, ʼn ruimtevaarder, het Saterdag ʼn selfie geneem toe hy buite die Internasionale Ruimtestasie gewerk het.
Terry Virts, wat die foto op sosiale media gedeel het, se beeld reflekteer onderstebo in Wilmore se skerm.
Die ISS is besig om gereed te maak vir wanneer ander ruimtetuie daar sal aankom. Dit is een van drie ruimtestaptogte wat die twee ruimtevaarders sal onderneem. Die tweede staptog vind vandag [Woensdag] plaas en die volgende een is geskeduleer vir Sondag, 1 Maart.
Koelste selfie ooit!