[Foto’s] Meer as 440 uitstallers by vanjaar se AAD-wapenskou

Vanjaar se AAD-lugskou het meer as 400 uitstallers gelok (Foto: AAD/Facebook)

Vanjaar se AAD-lugskou het meer as 400 uitstallers gelok (Foto: AAD/Facebook)

Vanjaar se Afrika lugmag- en verdedigingskou by die Waterkloof-lugmagbasis in Pretoria spog met meer as 440 uitstallers van 34 lande.

Dié skou word vanjaar vir die negende keer van 14 tot 18 September aangebied.

Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging en militêre veterane, het Woensdag gesê dié skou is die negende grootste land-, see- en lugwapenskou wat in Afrika aangebied word.

Minstens 95 vliegtuie word ook by vanjaar se lugskou uitgestal. Vanjaar se tema is “ Die ontsluiting van Afrika se verdedigings- en lugdiens-potensiaal”.

“Die regering streef na ʼn nouer verhouding tussen die departement van verdediging en wapennywerhede om groter ondersteuning en samehorigheid tussen die regering en die private sektor te verseker. Dié lugskou is ʼn goeie voorbeeld daarvan,” het Mapisa-Nqakula gesê.

Sy het ook gesê Suid-Afrika is tans een van die innoverendste lande en ʼn leier in die vervaardiging van lugmagtoerusting. “Sommige van dié produkte het die aandag van groot rolspelers in die bedryf getrek. Ons word daagliks bemoedig deur die prestasies van die AAD.”

Vir meer inligting, besoek AAD se webwerf.

Koop jou kaartjies vir die lugskou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Hennie ·

Almal praat met groot verontwaardiging en afsku van die apartheids regering, maar wie het die land op die voorpunt geplaas van innoverende wapenvervaardiging? Nou spog die regering met die apartheids vermoeëns want dit maak RSA vandag die voorloper in Afrika.

Koos ·

Hennie jy is korrek. Ons het soveel kundiges wat nie eens gebruik word nie. ons kan nog baie beter doen

Columbiana ·

Dink net as al daai geld in iets konstruktief gegooi kon word soos skole, tehuise, hospitale en wat nog meer. Dis nogal kotsenswaardig dat daar altyd geld is vir wapens en nogal smart bombs (hoe smart kan enige flippen oorlog ooit wees?). Oorlog mors met menswees. Wens kon dit heeltemal van die planeet verban

Liefie ·

Ag asb Frikkie……kry tog vir jou n lewe. My man en seuns gaan elke keer na die skou toe en nee nie omdat hulle aan oorlog glo nie maar omdat hulle van die tegnologie wat daarmee gepaard gaan soos meeste mans. Wat wil jy het moet mans doen…..die hele tyd aan hulle vrouens se rokspante vas hou of suip??

Paplepel ·

@Columbiana – Die grootste tegnologiese deurbrake het hulle onstaan in die militêre omgewing en ruimtevaart gehad. Die rekenaartjie/selfoon waarop jy jou kommentaar skryf het sy oorsprong daaraan te danke. Eet ‘n Rennie en dink oor die nagevolge van ‘n wêreld waar geen tegnologiese vordering is nie. “Middeleeue” kom by my op.

LeonR ·

Si Vis Pacum Parrabellum, as jy nie weet wat dit beteken nie; Om vrede te handhaaf, berei voor vir oorlog!!

Gawie ·

Darem nie alle tegnologie is oorhandig nie – ons atoom bomme is spesifiek uitmekaar gehaal en die program gestop sodat die ‘nuwe’ regering dit nie kon kry nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.