Geen boodskappe as jy met iPhone bestuur

Apple gaan met sy nuwe iOS 11-bedryfstelsel ‘n nuwe veiligheidsfunksie bekend stel wat keer dat jy kennisgewings ontvang terwyl jy bestuur.

Die funksie, wat bekend staan as “Do Not Disturb While Driving”, sal jou iPhone in staat stel om te weet wanneer jy bestuur en dan outomaties verseker dat jy nie kennisgewings ontvang nie en jou foon se skerm donker bly. Jy sal ook die opsie hê om outomaties kennisgewings aan jou kontakte te stuur dat jy besig is om te bestuur en eers sal kan antwoord wanneer jy jou bestemming bereik het. Jy sal egter in staat wees om die funksie af te skakel.

Apple se iOS 11-bedryfstelsel word beskryf as ‘n reuse-opdatering wat “honderde” nuwe funksies vir iPhone-fone en iPad-tabletrekenaars tot gevolg sal hê. Volgens Apple sal Siri, die digitale “persoonlike assistent”, nuwe funksies bykry, insluitend nuwe manlike en vroulike stemme wat meer natuurlik is en meer emosie het.

Daar sal ook nuwe kamerafunksies wees, insluitend foto’s wat outomaties kleiner gemaak word om plek te spaar en nuwe effekte om selfs meer professionele foto’s te neem.

Apple Maps sal ook kaarte byvoeg vir groot lughawens en winkelsentrums reg oor die wêreld.

Die bedryfstelsel sal binnekort beskikbaar wees om af te laai. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.