Goeie tekens oor osoongat

‘n Voorstelling van die osoongat (Foto: Nasa)

Hoewel verwag word dat die osoongat oor Antarktika eers teen 2060 tot 2080 iets van die verlede kan wees, is positiewe tekens gevind deur data van ’n satellietgemonteerde instrument, die Microwave Limb Sounder (MLS), te bestudeer.

Dié data is van 2005 tot 2015 ingesamel.

Uit hierdie navorsing blyk dit dat die gat nie net gekrimp het nie, maar dat die omringende atmosfeer gesonder en minder CFK’s (chloorfluoorkoolstof; Engels: chlorofluorocarbon, CFC) het. CFK’s se leeftyd is tussen 50 en 100 jaar. Daarom word daar nie verwag dat dié gas oornag sal verdwyn nie ondanks die Montreal-ooreenkoms wat die gebruik van CFK’s verbied, wat in 1978 onderteken is.

Sedert die jaar 2000 het die gat met vier miljoen vierkante kilometer gekrimp, hoewel dit ’n baie relatiewe syfer is omdat die grootte baie wissel, veral in September wanneer die klimaat oor Antarktika ook aansienlik wissel.

Die CFK’s dryf in die atmosfeer tot die son dit tot chlooratome afbreek, wat op hul beurt die osoonmolekules afbreek. Die osoonlaag beskerm die aarde teen ultravioletstraling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

petro ·

We are being lied to on every level and to an unimaginable degree. The supposedly recovering Southern hemisphere ozone layer has hit a new record size, but “don’t worry”, the power structure controlled World Meteorological Organization says there is no reason for alarm. Really? Why shouldn’t we be alarmed? And there is of course the “unprecedented” northern hemisphere ozone hole that the power structure controlled mainstream media won’t even mention. Global geoengineering is destroying the ozone layer. Previous mainstream media tales of ozone hole recovery are lies designed to pacify the public for as long as possible. http://www.geoengineeringwatch.org/geoengineering-and-the-ozone-layer-recovery-lie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.