Gratis webinare vir wolkdienste aangebied

Verseker jou toekoms en jou pad na wolkgebaseerde dienste te midde van Covid-19 en daarna!

Obscure Technologies en Palo Alto Networks bied gratis webinare aan – maar registreer sommer dadelik, want daar is slegs 100 plekke per webinaar beskikbaar.

Palo Alto Networks maak seker dat jou kubersekuriteitsportefeulje daagliks veiliger is as tevore.

Obscure Technologies en Palo Alto Networks se webinaar-reeks lê klem op Palo Alto Networks se visionêre veiligheidsoplossings en die reeks begin met twee webinare:  Prisma™ Cloud: Securing your journey to the cloud en Securing the Future: Introducing Cortex™. Dié webinare word aan jou gebring deur Palo Alto Networks se professionele span en stelselingenieurs.

Die reeks begin op 23 April 2020 en bied verrykende insigte en voorbeelde van Palo Alto Networks se jongste kubersekuriteitstegnologie, die mees omvattende kubersekuriteitsportefeulje beskikbaar.

Securing the Future: Introducing Cortex™

Datum: 23 April 2020 | Registreer hier

Palo Alto Networks se stelselingenieurs bied ʼn uiteensetting van die oplossings wat deel vorm van die Cortex-platform en bied ʼn kort demonstrasie van elkeen van die oplossings. Bespeur gevorderde aanvalle met analise: Ontdek bedreigings met kunsmatige intelligensie, gedragsanalise, doelgemaakte opsporingsreëls en vele meer.

Prisma™ Cloud: Securing your journey to the cloud

Datum: 29 April 2020 | Registreer hier

Verseker jou pad na wolkgebaseerde dienste deur die mees omvattende wolksekuriteit wat in die bedryf beskikbaar is, beskerm gebruikers, toepassings en data. Palo Alto Networks se span gaan die Prisma™ Cloud aan jou voorlê wat omvattende sekuriteit in die ontwikkelingsiklus van enige wolkdiens bied en jou in staat stel om doelgemaakte wolktoepassings met vertroue te ontwikkel.

Aankondigings sal op Obscure Technologies se LinkedIn-bladsy gepubliseer word sodat belanghebbendes en persone wat die webinare bywoon, eerste in kennis gestel word van nuwe geleenthede.

Oor Palo Alto Networks

Palo Alto Networks, ʼn internasionale leier in kubersekuriteit, vorm ʼn wolkgesentreerde toekoms wat die manier transformeer waarop mense en organisasies sake doen. Palo Alto Networks spreek die wêreld se grootste sekuriteitsuitdagings aan met deurlopende innovasie gebaseer op die jongste deurbrake in kunsmatige intelligensie, analise, outomasie en orkestrasie. ʼn Geïntegreerde platform en groeiende ekostelsel van vennote bied beskerming aan tienduisende organisasies vir wolkdienste, netwerke en mobiele toestelle. Besoek www.paloaltonetworks.com vir meer inligting.

Oor Obscure Technologies

Obscure Technologies bestaan uit ʼn groep kenners wat die beste sekuriteitsoplossings aan die mark bied. Obscure Technologies droom en leef vir sekuriteit. Vir dié maatskappy is sekuriteit meer as om net ʼn sekuriteitsproduk te verkoop. Die maatskappy bly op hoogte van die jongste dinamiese sekuriteitsneigings, wêreldwye ontwikkeling, plaaslike markte en die hoogste gehalte van diens. Die maatskappy kan dit volhou en verbeter danksy sy kennis en ervaring in die gebied. Dit beteken innoverende tegnologie en professionele oplossings vir sy vennote. Besoek www.obscuretech.net vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.