Groepe kan binnekort op Facebook Messenger gesels

Groepsvideo, Facebook

Groepsvideo, Facebook

Facebook het onlangs sy Messenger-app se ontwerp opgeknap om dit meer kamera-gedrewe te maak met 3D-maskers en allerhande kunswerke wat die gebruiker kon byvoeg.

Die maatskappy het nou ook die moontlikheid van groepvideo-oproepe beskikbaar gemaak. Dit is beskikbaar vir iOS- en Android-toestelle en op die webweergawe.

Gebruikers van Facebook Messenger sal tot ses mense tydens een gesprek kan sien, maar tot 50 persone kan via die mikrofoon of kamera by die gesprek aansluit, het die maatskappy in ʼn verklaring gesê.

“Sodra meer as ses persone in die gesprek betrokke is, sal slegs die dominante spreker aan al die deelnemers gewys word,” verduidelik die maatskappy.

Om ʼn groepsvideo te begin, kan gebruikers ʼn bestaande groepsgesprek oopmaak of ʼn nuwe een skep en dan bloot op die video-ikoon regs bo klik. Alle groepslede word in kennis gestel en kan dan maklik aansluit by die gesprek.

Gebruikers sal binnekort ook ʼn agtergrondkleur kan byvoeg indien slegs teks in ʼn plasing gebruik word. Klik op die “status”-knop en kies die kleur. Dit gaan nie werk vir plasings met skakels, foto’s of video’s nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

FB ·

Soos dit is is mense kort kort in die moeilikheid oor Fb en Twitter inskrywings, en nou wil hulle nog Messenger ook in Groepe bekendstel .. Tegnologie is ‘n wonderlike ding, maar mense moet leer om dit reg te gebruik. Ek wonder hoeveel man-ure word reeds gemors in ‘n werksituasie met Fb, Twitter, en Messenger?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.