Halloween-asteroïde doen sy naam gestand

Spooky Foto: NAIC / NSF

Spooky Foto: NAIC / NSF

Die asteroïde wat op 31 Oktober op ongeveer die afstand van die maan by die aarde verbygevlieg het, is waarskynlik ’n komeet wat uitgewerk is.

Die asteroïde het die bynaam, “Spooky” gekry omdat dit op Halloween – in ruimteterme – by die aarde verbygeskuur het, en in ’n bisarre verloop het dié liggaam met ’n deursnee van ongeveer 600 meter, die voorkoms van ’n skedel. Dit trek teen ongeveer 126 000 km/h. Sou dit die aarde getref het, sou dit ’n krater met ‘n deursnee van 6 kilometer in deursnee gelaat het.

Dit is eers op 10 Oktober ontdek – minder as ’n maand van sy naaste punt aan die aarde.

Die asteroïde, amptelik bekend as 2015 TB 145, is deur die Amerikaanse infrarooi-fasiliteit in Hawaii dopgehou. Kelly Fast van dié instansie meen die data sal aandui dat die asteroïde ’n uitgewerkte komeet was.

Die volgende groot asteroïde waarvan wetenskaplikes weet wat naby die aarde verby sal trek, word eers in 2027 verwag.

Bron: CS MonitorCS Monitor en Trouw

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eliza-beth ·

Herman, baie dankie weereens vir die artikel, ek geniet altyd die tipe artikel vreeslik!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.