Hansafrique bied gehalte diens in die landbou-omgewing

(Grafika verskaf)

Hansafrique Trading (Edms) Bpk is in 1972 gestig met sy prominente begin as ʼn Suid-Afrikaanse agent vir Miba Oostenryk se dieselenjinlaers en sinter-wrywingsmateriaal wat hoofsaaklik met keramiekmateriaal vervaardig word. Vandag bestaan Hansafrique uit ʼn 2 000 m2-fabriek wat hand aan hand werk met ʼn deurlopende navorsings- en ontwikkelingsdepartement.

Saam met ʼn kundige tegniese span en talle jare se ervaring en kennis, ontstaan HFR, Hansafrique se eksklusiewe handelsmerk. HFR word ontwikkel met hoë gehalte en verbeterde duursaamheid, ontwerp vir die ruwwe landbou-omgewing.

Hansafrique spesialiseer in enjins, koppelaars en remme vir trekkers, vragmotors, passasiersvoertuie en industriële masjiene. Tans beskik Hansafrique oor ʼn wye reeks, wat ontwikkel is om aan kliënte goeie diens en kwaliteit te lewer. Dit maak Hansafrique ʼn leier op hierdie gebied.

Hansafrique se kantore is in Silvertondale, Pretoria, geleë en produkte word nasionaal versprei en uitgevoer. Hulle hou ook buffer-voorraad van ʼn verskeidenheid trekkeronderdele aan, soos Massey Ferguson, John Deere, Case en New Holland. Besoek en registreer op hulle webwerf vir goeie pryse op 20 000+ parte of kontak hul gerus vir enige verdere navrae.

By Hansafrique Trading (Edms) Bpk is integriteit, gehalte en diens ʼn prioriteit.

Skakel 012 804 1287 of besoek www.hansafrique.co.za vir meer inligting.

  • Besoek Hansafrique se uitstalling by Sakeliga KragDag 2022 van 11 tot 13 Augustus by die Diamantvallei-landgoed, net 20 km oos van Pretoria.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.