Het Mars nog 3 miljoen jaar gelede lewe onderhou?

Die ligging van die meer teenoor waar Opportunity hom bevind Foto: Nasa

Die ligging van die meer teenoor waar Opportunity hom bevind Foto: Nasa

Normaalweg word aanvaar dat toestande op Mars 3,7 tot 3,8 miljard jaar gelede laas só was dat lopende water op die planeet sou kon bestaan het, en die planeet in beginsel oor lewe kon beskik het.

’n Nuwe studie wat pas in die joernaal, Geology, gepubliseer is, dui egter daarop dat die planeet tot so onlangs as 3,6 miljoen jaar gelede oor minstens een meer met effens souterige water beskik het. Vandag is daar net soutafsettings. Die soutafsetting waarop die wetenskaplikes gefokus het, het aan die lig gebring dat minstens een meer 3,6 miljoen jaar gelede nog water gehou het en sowat 175 meter diep was. Die oppervlak was ongeveer 30 vierkante kilometer groot.

Die ligging van hierdie eertydse meer is naby die plek waar die Opportunity-Marskarretjie nog doenig is.

Lees meer: CBS News en
Astronomy.com

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Tegnologie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
Rooiman

Baie interessant, behalwe dat die skepping net 6 000 jaar oud is. Voorstanders van die sg. “Evolusieteorie” hou nie rekening met ons almagtige God wat, volgens Ex. 20:11, alles geskape het, nie. Asook die nie met die Bybelse tydlyn wat wys dat alles 6 000 jaar gelede gebeur het, nie

http://creation.com/age-of-the-time-dilated-universe

Johan 2

So hoe oud is God dan volgens julle? 6000 jaar en 6dae? NEE, hy is nie gebind aan tyd nie, hy was nog ALTYD daar, maar wat het hy dan gedoen….hy het geskep (!) N heelal vol wonderlikke goed wat ons kan verken, miljoene jaar lank. Hy het wonderlikke stelsels soos evuliesie geskep. Hier is n berig wat vertel van n ou wereld wat (God) geskep het, kompleet met n meer en al..en julle sê nee dis nie moontlik nie want God is net 6000 (en 6 dae) al besig om te skep. Besef julle hoe dit klink? Kan julle… Lees meer »

neelsie

Hierdie is n sinnelose rondgooi van argumente wat jou later net in n strik laat trap waaroor jy later spyt kan wees.