Hier is 10 digitale gewoontes vir beter ooggesondheid

Argieffoto

Digitale toestelle vorm vandag ʼn inherente, onlosmaaklike deel van handel, sosiale wisselwerking en ontspanning. Hoewel dié tegnologiese vordering sorg vir vooruitgang, hou baie van dié toestelle ook groot gevare vir jou gesondheid in.

Een van dié gevare is die agteruitgang van jou ooggesondheid; en dít word veral veroorsaak deur die sogenaamde blou lig wat digitale skerms uitstraal.

Rudine Diedericks, ʼn oogkundige van die landwye oogkundige groep Mellins i-Style, sê alle moderne rekenaars, televisieskerms en slimfone se hoëdefinisie-LED-skerms het verskillende ligbronne wat “blou lig” uitstraal.

Wat is blou lig?

Diedericks sê dié blou lig het ʼn kort golflengte en bevat ʼn hoër hoeveelheid energie. Volgens haar kan oormatige blootstelling die oë se retinas beskadig, tot katarakte en makulêre degenerasie lei en selfs slaapprobleme tot gevolg hê.

Waarom is blou lig so gevaarlik?

Blou lig is deel van die normale ligspektrum wat ons elke dag ervaar. Dit staan ook as hoë-energie-sigbare-lig bekend. Hoewel blootstelling aan blou lig op sigself nie gevaarlik is nie, kan oormatige blootstelling wel op lang termyn skade aan die retinas veroorsaak en tot katarakte in die ooglense lei.

ʼn Mediese studie van Harvard sê dat blou lig jare reeds geïdentifiseer is as die gevaarlikste lig vir die retina. LED-beligting in geboue en alle hoëdefinisie- oftewel HD-skerms straal ʼn hoë hoeveelheid van hierdie lig uit.

“Baie is reeds bekend oor die uitwerking van blou lig en hoe dit produksie van melatonien onderdruk en die liggaam se dag-en-nagpatrone – wat slaappatrone en algemene gesondheid reguleer – onderbreek,” sê Diedericks. “Wetenskaplikes en oogkundiges waarsku egter nou ook dat verhoogde blootstelling aan blou lig ooggesondheid permanent kan benadeel.”

Beheer blootstelling aan blou lig s

1. Oorweeg ʼn “rekenaarbril”.’ – Hierdie brillense is spesifiek ontwerp vir digitale gebruikers. Dit is veral gemik op mense in hulle 30’s en vroeë 40’s wat vir die eerste keer probleme met nabysig ondervind. Die ontwerp ondersteun die lensspier wat dit dus makliker maak as dit gedurig tussen die skerm en ander afstande moet fokus. Dit help sodoende om versteurde visie, moeë of droë oë en nekspanning te voorkom.Kies brillense wat blou lig versper. – Die beskermende laag op dié lense skakel spesifiek die skadelike blouviolet lig uit wat deur LED-, televisie-, rekenaar- en tabletskerms uitgestraal word.

2. Verruil jou kontaklense vir jou bril wanneer jy baie rekenaarwerk doen om oogspanning te verminder. Haal ook jou kontaklense uit as jy die middag tuis kom en dra dan weer jou bril.

3. Volg die 20/20/20-reël – Neem elke 20 minute ʼn 20-sekonde-breuk van jou digitale skerm en kyk na ʼn voorwerp 20 m ver. As jy al ooit versteurde visie ervaar het nadat jy werk van naby gedoen het, is dit gewoonlik ʼn teken van oogspanning.

4. Gebruik ʼn teenreflektiewe skerm om die skerp lUV-lig en kunsmatige beligting op jou rekenaar- of tabletskerm te verminder.

5. Doen verstellings aan jou rekenaar. – Deur die skrifgrootte en helderheid op jou skerm te verander, sal dit makliker wees om teks op jou rekenaarskerm te lees en so oogmoegheid te verminder. Teks moet omtrent twee tot drie keer groter wees as die kleinste teks wat jy kan lees. Die rekenaarskerm se helderheid moet dieselfde wees as die gebied direk agter die skerm en jy sal dalk verstellings deur die dag moet maak as jou werkplek deur natuurlike lig verlig word.

6. Knip jou oë meer of gebruik oogdruppels. – Wanneer jy voor ʼn rekenaar of met ʼn tablet werk, is jy geneig om jou oë minder te knip wat jou oë vogtig hou en droogheid en irritasie verminder. As jou oë droog word en oë knip nie veel verligting bied nie, veral diegene wat kontaklense dra, sal oogdruppels help wat deur jou oogkundige aanbeveel word.

7. Ergonomie is belangrik. – Kies dus ʼn gemaklike stoel met ondersteuning en plaas dit só dat jou voete plat op die vloer is. Verstel jou rekenaarskerm en al die ander toerusting by jou werkplek om moontlike oogspanning te verminder. Jou rekenaarskerm moet ongeveer ʼn armlengte weg wees wanneer jy in jou stoel terugsit. Plaas jou rekenaar só dat jou oë op dieselfde hoogte as die bokant van jou monitor is en jy effens afkyk op die skerm. Sit bietjie verder terug as jy ʼn groot skerm het.

8. Strek jou bene – Staan ten minste elke twee uur op en beweeg rond.

9. Gebruik ʼn app wat blou lig verminder. – Verander jou slimfoon se verstellings na “night shift” of laai gratis apps af wat blou lig verminder. Sommige van dié apps is Bluelight Filter for Eye Care, Twilight, EyePro-Blue-Light Filter, Blue Light Filter-Night Mode, Bluelight Filter-Night Mode, f.lux en Bluelight Filter-Eye Care.

10. Kies brillense wat blou lig versper. – Die beskermende laag op dié lense skakel spesifiek die skadelike blouviolet lig uit wat deur LED-, televisie-, rekenaar- en tabletskerms uitgestraal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.