Inkas se “toutjieskrif” kan dalk ontsyfer word

'n Voorbeeld van die Inkas se “toutjieskrif”

‘n Voorbeeld van die Inkas se “toutjieskrif”

Hoewel Inka-“dokumente” wat net syfers bevat al redelik goed ontsyfer is, bly die Inkas se “toutjieskrif” wat nie syfers bevat nie, se inhoud en betekenis nog onbekend.

Die Inkas se “geskrewe dokumente” het bestaan uit toutjies van verskillende kleure wat aan ’n “hooftou” vas was. In die toutjies is knope gemaak om betekenis aan die inhoud te gee. Boodskappe is oor enorme afstande op die Inkas se befaamde paaie na hul bestemmings in elke uithoek van die land geneem.

Die hoop het nou opgevlam dat die “skrif” binnekort meer toeganklik gemaak kan word. Dit volg na van hierdie “dokumente”, bekend as khipus, in argeologiese uitgrawings van die Inkastad Incahuasi gevind is. Dit was die eerste keer dat die khipus in hul gebruikskonteks gevind is. Hulle is in pakkamers gevind, gegroepeer saam met die oorblyfsels van landbouprodukte soos mielies, grondboontjies, rissies en boontjies. Die vermoede is dat hulle rekords van die produkte was.

Die argeoloë meen deur die knope van die khipus met mekaar te vergelyk, moet hulle die woorde vir die produkte waarvan hulle rekord gehou het vind. Hoewel die vonds nie as ’n nuwe rosetta-tipe vonds beskou word nie, meen hulle dit kan grootliks bydra tot die uiteindelike ontsyfering van die “skrif.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.