Internasionale ruimtestasie met blote oog sigbaar

Internasionale Ruimtestasie (Foto: NASA via Wikimedia)

Internasionale Ruimtestasie (Foto: NASA via Wikimedia)

Die wentelende internasionale ruimtestasie (IRS) is sedert gisteraand met die blote oog sigbaar.

Suid-Afrikaners kan die IRS nog tot 7 Julie aanvanklik vroegaand en later laatmiddag sien.

Die IRS weeg amper 420 000 kg en is sowat 109 m lank – min of meer so groot soos ʼn sokkerveld.

As gevolg van sy grootte reflekteer die struktuur ʼn groot hoeveelheid sonlig en lyk dit soos ʼn groot helder ster in die hemelruim.

Besoek die Nasa-webwerf om vas te stel wanneer jy die IRS waar kan sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

t ·

Vir die wat belangstel: Daar is ‘n App met die naam “ISS TRACKER” wat jou deurlopend op hoogte hou van waar die IRS is. Daar is ‘n hele paar kere in die loop van ‘n maand wat jy die IRS met die oog kan sien. ‘n Paar stukkies nuttelose inligting: Spoed is nou 7660m/s, gemiddelde hoogte is 414km, satelliet nommer 25544, satelliet naam ZARYA, tyd om 1 omwenteling van die aarde te voltooi 93 min.

lizl ·

Dankie, ek waardeer jou “nuttelose” inligting! Ons gesin hou “satellite spotting” kompetisies; wie kan die meeste satelliete eerste raaksien. Daai app gaan my dalk n voorsprong gee ?

Chris ·

Dit het presies 18.16 gisterteraand in n noord oostelike rigting oor Pretoria beweeg. Dit is groter as enige ster in die helelruim en beweeg geluidloos teen n redelike hoe spoed deur die hemelruim.

Johann Marx ·

Ek het ook so by 18:16 daarna gekyk….deur die 260 Lapua se teleskoop. So ses voet toegelaat vir die spoed en die afstand….maar kom ek sê jou nou….vêêêrrr te kort!!

Hendrik ·

Om 21 July om 19h 02 71 grade noord is daar nog ‘n verbykom in Pretoria wat helder gaan wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.