iPhone-funksie kan jou duisende uit die sak jaag

Wi-Fi Assist op iOS 9

Wi-Fi Assist op iOS 9

ʼn Nuwe kenmerk van iOS 9 kan gebruikers, met beperkte dataplanne, duisende rande uit die sak jaag as hulle dit nie afskakel nie.

Die funksie, genaamd “Wi-Fi Assist” skakel outomaties die Wi-Fi op jou iPhone af indien die sein te swak is, en gebruik dan gewone selfoondata. Dié funksie kan dalk meer keer geaktiveer word, afhangend van waar jy bly en werk en persone met ʼn beperkte dataplan kan dus ʼn groot verrassing op hul fakture verwag.

Let asseblief daarop dat dit slegs geld vir persone met ʼn iPhone wat iOS 9 afgelaai het.
*Maroela Media se app word ook nog deur ʼn gogga in Apple se iOS 9 geraak. Ons tegniese span het reeds ʼn plan om die fout te omseil, en die nuwe weergawe behoort binnekort beskikbaar te wees.

Só skakel jy die funksie af:
1. Gaan na “settings” op jou iPhone
2. Gaan na “cellular”
3. Klik op “Wi-Fi Assist” om dit af te skakel

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Barno ·

Baie dankie.

Ek sukkel al ‘n rukkie dat my foon op wifi moet bly. Toe ek Wi-Fi assist afsit het hy onmiddelik vanaf LTE na Wi-Fi gegaan. Ek hoop dit bly nou so.

Emile ·

Apple… dis soos om ‘n splinternuwe 2010 model kar te koop. Dis nou wel splinternuut, maar dit steek tegnologies ver af teen die 2015 modelle.

Johan ·

Wi-Fi word al vir jare gebruik as wapen in die amerikaanse CIA. Hoekom dink mense word Wi-fi so vining bemark?? Wifi en ekstrale kan kanker vinniger laat ontwikkel … vir die wat wou weet

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.