Jy kan dalk gou WhatsApp-boodskappe uitvee, wysig

Argieffoto (Foto: arivera, Pixabay)

Argieffoto (Foto: arivera, Pixabay)

WhatsApp-gebruikers sal dalk binnekort boodskappe wat aan iemand anders gestuur is, kan wysig of verwyder.

Dié opsie is in WhatsApp se iPhone Beta-weergawe beskikbaar, aldus @WABetaInfo. Dié gebruiker volg beta-weergawes van die app en verklap geheime op Twitter daaroor.

Die opsie sal egter outomaties gedeaktiveer wees, so jy sal dit in jou app-verstellings moet aanskakel om dit te kan gebruik.

Gebruikers kan die boodskap wysig (indien jy dalk later ʼn spelfout opmerk) of ʼn boodskap uitvee – waarskynlik solank die ontvanger nog nie die boodskap gesien het nie.

Indien ʼn boodskap tans op WhatsApp uitgevee word, is dit slegs op die sender se toestel uitgevee. Die boodskap wys steeds op die ontvanger se toestel.

Dit is nog nie duidelik wanneer die opsie vir Android beta-gebruikers beskikbaar sal wees nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Lala ·

Mense het al vir my goed gestuur wat ek liewer nie sou wou sien nie maar ek kan dit nie wis sonder om alle vorige gesprekke te wis nie. Dis hoog tyd

Chris Ws ·

Nou wat van WhatsApp se stelling op hul webwerf dat net die nuutste slimfone van 1 Januarie 2017 af whatsapp sal kan gebruik?

miv ·

sal dankbaar wees indien ek ‘n boodskap wat ek wil aanstuur eers kan korrigeer. Party boodskappe is so oulik, maar word soms bederf deur iets onaanvaarbaar wat ek liewer sal wil uitwis.

My tweesent bydrae ·

In Suid Afrika moet almal hierdie funksie gebruik . Wanneer begin Facebook se funksie ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.