Kepler ontdek nege bewoonbare planete

Kunstenaarsvoorstel van planetêre ontdekkings deur die Kepler-teleskoop Grafika: NASA/W. Stenzel

Kunstenaarsvoorstel van planetêre ontdekkings deur die Kepler-teleskoop Grafika: NASA/W. Stenzel

Die Kepler-ruimteteleskoop het nog 1 284 eksoplanete gevind, waarvan nege volgens hul grootte waarskynlik rotsplanete is en in hul onderskeie sterre se bewoonbare sone wentel.

Met die jongste aankondiging is die totaal bevestigde eksoplanete nou meer as verdubbel. Die nuwe planete het almal aan die kriteria van minstens 99% sekerheid voldoen.

Nog sowat 1 300 kandidaatplanete is geïdentifiseer wat nie die 99% sekerheidsgrens kon behaal nie.

Paul Hertz, NASA se hoof van astrofisika sê dat voor Kepler gelanseer is, was wetenskaplike onseker of eksoplanete skaars, of volop sou wees. Danksy Kepler is dit nou bekend dat daar meer planete as sterre in die Melkweg kan wees.

Lees meer: NASA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Theuns ·

Dit is nou goeie nuus. As ‘n mens na die skepping van GOD kyk, kan ons nie alleen in die heelal wees nie. Die sterrekunde is my passie. Net jammer die mense se lewe is so kort! As dinge net viniger kon gebeur en die verskriklike afstande net gouer oorkom kon word. Die spoed van lig wat vir ons mense kinders duiselwekend is is terme van die heelal hopeloos te stadig. As daar maar net ‘n Alien Tegniese Span “engineers” vir ons wil kom kuier en vir ons die inligting (bloudruk) gee om viniger as Lig te vlieg!!

Ekwilibrium ·

Ek stem saam. Nadat ek die ‘Pillars of Creation’ en die Galaktiese Middelpunt van die Melkweg besoek het, wil ek graag die grootste bekende ster, Canis Major, van naderby aanskou. Dan wil ek graag ‘n draai by ‘n paar van Andromeda se bewoonbare planete maak. Daarna sal ek spaar vir ‘n rêrig eksotiese vakansie, dalk na die ‘Event Horizon’ van die grootste quesar! Warmbad en Hartenbos raak nou al bietjie afgesaag…

Paul ·

Canis Major is ‘n konstellasie, nie ‘n ster nie. Die konstellasie bevat wel die ster Sirius, wat die helderste ster is wat vanaf die aarde sigbaar is (buiten natuurlik die son!). Sirius self is eintlik ‘n binêre sterrestelsel, met ‘n groot, helder ster (Sirus A) en ‘n klein dwergster (Sirius B) wat rondom mekaar wentel (en moontlik selfs ‘n derde, nog kleiner sterretjie, maar dis nie duidelik of dit wel so is nie).

Sirius is egter nie die grootste bekende ster nie, slegs die helderste vanaf die aarde. Helderheid vanaf die aarde is ‘n funksie van uitstraling (in die sigbare spektrum), grootte en afstand.

Die konstellasie Canis Major bevat ook ‘n baie groot ster, genaamd VY Canis Majoris. Dit is moontlik die grootste bekende ster, op 1300 tot 1540 keer die grootte van die son, maar daar is ander bekende sterre wat moontlik groter is. Onder andere UY Scuti, wat 1516 tot 1900 keer groter as die son is.
Die meting van grootte is hier natuurlik volgens omtrek of deursnee, nie volgens massa nie, want talle swart gate het ‘n massa groter as selfs die mees massiewe ster.

Paul ·

Interessantheidshalwe kan ek byvoeg dat die mees massiewe (die “swaarste”) bekende ster, genaamd R136a1, in die 1960s deur die Radcliffe Sterrewag in Pretoria ontdek is.

Die Radcliffe Sterrewag was die rede waarom die buurt daar op die bult in Pretoria se strate almal na sterre of ander sterrekundige dinge vernoem is. Die geboue van die sterrewag word nou deur die Weermag gebruik. Die teloskoop is sedert die 1970s nie meer daar nie.

Theuns ·

Ekwllibruim, Jy is n man na my hart. Kan ek saam met jou vlieg? Groete. Theuns.

Graeme ·

Die ontdekking van ‘n tegniese beskawing (of beskawings) ver meer gevorderd as ons jong beskawing (4 of 500 jaar?) sal die einde van die meeste godsdienste op hierdie planeetjie beteken – en soos ons tegnologie meer verfynd word, verhoog dit die moontlikheid dat so ‘n ontdekking binnekort gemaak sal word. Hul sal eenvoudig wegsmelt soos sneeu voor die warm son. Die idee dat die sogenaamde “kroon” van die skepping onttroon is, sal egter moeilik gesluk word deur die slapende massas. Hul sal egter nie ‘n keuse hê nie.

Aan die ander kant – miskien is dit hulle wat ons sal ontdek (‘X Files’ temaliedjie speel in die agtergrond) – nie dat ons veel sal hê om vir hul te wys nie.

WL ·

Dis moontlik, maar net dalk het sulke beskawings dieselfde storie om te vertel.

Theuns ·

Julle is almal van n uitgelese groep met die selfde belangstelling as ek. Voorwaar n’ “Esprit de corps” Miskien moet ons vir Maroela vra om n spesiale gedeelte in die blad te stig, met Herman Toerien as Groep Leier sodat ons vrae kan vra en met mekaar kan praat. Dit is n leemte in ons media waar Maroela gerus die voortou kan neem! Hoe lyk dit Maroela?
Graeme, ek wil met jou verskil oor die Goddiens.Jy is dalk reg maar dit sal niks aan my geloof in GOD doen nie. Die Redes is dat selfs n slim ou soos Einstein het toegegee dat daar onverstaanbare goed is wat hy nie verstaan nie maar wat in die REALM van GOD is. Hy het ingewikeldheid van die heelal en hoe dit inmekaar steek toegeskryf aan “Design”! En dat die ontwerp, selfs van alles wat bestaan, net deur n onbeskryflike Skepper (GOD) geskep kon gewees het. Maar kom ons almal gaan voort met die gesprekke!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.