Het jy ook al vir bitcoin, kriptogeldeenhede en blokkettingtegnologie gehoor maar weet nie eintlik wat dit beteken nie? Wil jy ook weet of jy dalk jou swaar verdiende geld in hierdie nuwe tegnologie moet belê?
Maroela Media het oor ʼn koppie koffie met Wouter Snyman, finansiële adviseur en uitvoerende hoof van attooh! gesels oor kriptogeldeenhede soos bitcoin. Snyman bespreek in hierdie gespreksreeks van vyf video’s onder meer wat presies dit is, waar dit ontstaan het, die myn-aspek daarvan en of dit veilig en ʼn goeie belegging kan wees.
In deel een van hierdie gespreksreeks verduidelik hy presies wat bitcoin is en waar die idee vir dié soort digitale geldeenhede ontstaan het.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
9 Kommentare
Waar kan ek die ander 4 videos kry?
Dankie vir die inligting Maroela Media. Ek hoop die ander vier videos is gou beskikbaar. Wou lankal meer inligting bekom het oor Bitcion
myn-aspek……………………. ASB!!
hoofaspek klink heelwat beter.
Bitcoin is die geld van die toekoms. Mense wat in “Kripto” wil spekuleer moet dit net verstaan. Dit is nie moeilik nie. Lees dit op die Internet. Daar is forums wat baie goeie Kriptonuus op deurlopende basis verskaf. Die enigste negatiewe kommentaar kom van diegene wat: 1. Dit nie verstaan nie 2.Banke wat die grootste “wettige” skurke in die wereld is. Hulle is bekommerd want geld vloei uit Banke na “Kripto” instansies. Bankiers is bekommerd hulle verloor hulle massiewe bonusse. Die grap is dat Banke op verskillende platforms asook agteraf in bv. Bitcoin bele. Die 6 of 7% wat Banke… Lees meer »
Wil ook graag weet waar kan ek al die video’s kry?