Koffie saam met Wouter: Wat is bitcoin?

wouter-snyman

‘n Skermskoot uit die video.

Het jy ook al vir bitcoin, kriptogeldeenhede en blokkettingtegnologie gehoor maar weet nie eintlik wat dit beteken nie? Wil jy ook weet of jy dalk jou swaar verdiende geld in hierdie nuwe tegnologie moet belê?

Maroela Media het oor ʼn koppie koffie met Wouter Snyman, finansiële adviseur en uitvoerende hoof van attooh! gesels oor kriptogeldeenhede soos bitcoin. Snyman bespreek in hierdie gespreksreeks van vyf video’s onder meer wat presies dit is, waar dit ontstaan het, die myn-aspek daarvan en of dit veilig en ʼn goeie belegging kan wees.

In deel een van hierdie gespreksreeks verduidelik hy presies wat bitcoin is en waar die idee vir dié soort digitale geldeenhede ontstaan het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Ingrid Bell ·

Dankie vir die inligting Maroela Media. Ek hoop die ander vier videos is gou beskikbaar. Wou lankal meer inligting bekom het oor Bitcion

Gerda ·

myn-aspek……………………. ASB!!
hoofaspek klink heelwat beter.

Sarel ·

“myn-aspek” in hierdie geval beteken myn – soos ontgin… “Mining”

Stephen Namibia ·

Bitcoin is die geld van die toekoms. Mense wat in “Kripto” wil spekuleer moet dit net verstaan. Dit is nie moeilik nie. Lees dit op die Internet. Daar is forums wat baie goeie Kriptonuus op deurlopende basis verskaf.

Die enigste negatiewe kommentaar kom van diegene wat:

1. Dit nie verstaan nie

2.Banke wat die grootste “wettige” skurke in die wereld is. Hulle is bekommerd want geld vloei uit Banke na “Kripto” instansies. Bankiers is bekommerd hulle verloor hulle massiewe bonusse.
Die grap is dat Banke op verskillende platforms asook agteraf in bv. Bitcoin bele. Die 6 of 7% wat Banke hulle kliente aan rente op beleggings betaal is n druppel in die emmer. Banke maak baie meer geld.

3. Regerings wil nie daarvan hoor nie want hulle verloor hulle belastings. Daarom hulle koorsagtigheid om die produk te reguleer.

“Kripto” is n manier vir die man in die straat om ook baie vinnig ryk te word maar mense moet nie roekeloos raak nie.

Die onus is nog steeds op die persoon wat bv Bitcoin koop om sy winste te verklaar.

Diegene wat reken Bitcoin is n “Piramied ” skema is verkeerd. Geen winste word gewaarborg nie.

Nee wat ek het in Julie my Bitcoin gekoop en my winste was astronomies.

Daar is verskillende eerbare adviseurs wat goeie advies kan gee.

Pieter ·

Waar op die internet kan n man gaan koop (Internet adres of naam, asb)? Ek is nie seker nie aangesien ek baie “agent” op die internet raak lees.

Linette ·

Hi Pieter, gaan kyk na Luno, is n app wat jy kan gebruik vir die koop en verkoop van Bitcoin

Jaap Valie ·

Mense moet nie Bitcoin as ‘n skema beskou om vinnig ryk te word nie — hulle kan net sowel vinnig ‘n goeie klompie geld verloor as hulle nie versigtig is nie. Ek het enkele weke gelede skoorvoetend slegs sowat R4000 by Bitcoin inbetaal. Die bedrag het verdubbel. Toe trek ek weer my oorspronklike R4000 en laat slegs my winste (ook sowat R4000) om verder te groei of te wyn soos hulle lus kry. Ek kan nie verloor nie. As ‘n mens nie sterk is met finansiële sake nie, kan jy ten minste probeer slim wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.