KragDag: Data is goud werd

(Verskaf deur Incasu)

Data is die nuwe “goud” van ons samelewing. Al hoe meer areas rondom ons word digitaal ontleed, beskryf en bestuur. Elkeen is afhanklik van data om suksesvol te kan wees.

Vir baie mense in besigheid is die wêreld van data soos ‘n verblindende lig wat niemand kan ontwyk nie, en ons is skrikkerig om daaraan te raak want dalk gaan dit jou brand of te veel kos om nader te trek en die moontlikhede te ondersoek. Maar elke groot avontuur begin deur die eerste paar treë te gee.

Deur data te analiseer, word insiggewende inligting ontdek wat onontbeerlik is vir enige besigheid se beplanning en daaglikse bestuur. Die pad van data-na-inligting volg breedweg die volgende roete:

Data word geskep

In besighede word rekenaarstelsels op ‘n wye front ingespan, vir areas soos vervaardiging, verkope, verspreiding, finansies en meer. Volumes data word oor tyd gegenereer wat bruikbaar is vir doel van die spesifieke stelsel, maar wat ook belangrik is vir die groter besigheid.

Data word vervoer

Stelsel-integrasie is die proses waardeur data tussen stelsels gedeel word om insette te verskaf vir besigheidsprosesse in ʼn volgende stelsel. ʼn Voorbeeld hiervan is wanneer vervaardiging se resultate gebruik word vir verkope, of wanneer die koste van vervaardiging deur die finansiële stelsel gebruik word.

Stelsel-integrasie is ook die proses waardeur data verskaf word om ‘n omvattende ontleding en verwerking te kan doen, sodat nuwe en bruikbare inligting bekom kan word vir die onderneming se vooruitgang.

Data word ontleed

Data-ontleding begin deur dit voor te berei vir sinvolle gebruik, wat validasie en analitiese verwerking behels.

Paneelborde (“dashboards”) en verslae word daarna opgestel om data grafies en kleurvol te vertoon, sodat belangrike neigings en verhoudings ontdek en uitgewys kan word.

Wanneer data van reg oor die onderneming op een platform saamgestel word, word inligting bekom wat nie deur die blote oog vanaf individuele syfers gedoen kan word nie. Die Engelse spreekwoord “a picture is worth a thousand words” is baie toepaslik hier.

Data word gestoor

Data word gestoor vir toekomstige gebruik. Genoegsame data oor tyd maak dit moontlik vir analitiese tegnieke om nog meer inligting daaruit te bekom, wat in ruil die onderneming verder kan bevoordeel. Soos die stelling hierbo sê, data is die nuwe “goud”, veral wanneer dit reg aangewend word.

Met meer as 21 jaar se ondervinding, was data nog altyd Incasu se fokus. Vanaf die ontwikkeling van doelgemaakte stelsels, tot by die samestelling daarvan op paneelborde en verslae, is ons passievol om ondernemings tot diens te wees met hoë gehalte stelsels en dataverwerking. Daar is geen behoefte te klein of te groot waarmee ons nie kan help nie. Kontak Incasu om te gesels oor stelselontwikkeling, stelsel-integrasie en data-verslaggewing en -ontledings.
Tel : 012 658 0018
E-pos: [email protected]
Webwerf: www.incasu.co.za

Besoek Incasu vanjaar van 14 tot 16 Oktober tydens KragDag by die Diamantvallei Landgoed in die Cullinan-omgewing, oos van Pretoria. Besoek www.kragdag.co.za vir meer besonderhede oor alles wat jy vanjaar by die ekspo kan verwag.

Hierdie plasing is deur ʼn onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Tegnologie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.